2017
Die jaar 2017 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 17de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
2017 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | ◄ 2017 ► | 2018 | 2019 | 2020 | 2021 | 2022 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2017 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Donald Trump | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 1 Januarie – Malta neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Slowakye oor.
- 14 Januarie–5 Februarie: Die Afrikanasiesbeker 2017 vind in Gaboen plaas.
- 20 Januarie – Donald Trump word as die 45ste President van die Verenigde State van Amerika beëdig.
- 21 Januarie – President Yahya Jammeh van Gambië word in ballingskap gedwing en deur Adama Barrow opgevolg.
- 30 Januarie – 33 jaar ná dié land se ontrekking van die Organisasie vir Afrika-eenheid as gevolg van die Wes-Sahara-konflik sluit Marokko by die Afrika-unie aan.
- 15 Maart – Verkiesings van die Nederlandse Tweede Kamer van die State-Generaal.
- 14 Mei – Emmanuel Macron word as nuwe President van Frankryk beëdig.
- 25 Mei – Hemelvaartsdag.
- 1–18 Junie – Die 8ste Kampioenetrofee word in Engeland en Wallis aangebied en deur Pakistan gewen.
- 5 Junie – Montenegro sluit by NAVO aan.
- 7 Junie – 'n Bosbrand breek uit op die Tuinroete te Elandskraal naby Karatara, wat geweldige brandskade tot gevolg het in Knysna.
- 17–2 Julie – Die 8ste FIFA Konfederasiebeker toernooi word in Rusland gespeel.
- 22 Junie – Afghanistan en Ierland word volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR).
- 1 Julie – Estland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Malta oor.
- 8 September – 'n Aardbewing van 8,1 op die Richterskaal tref die suide van Meksiko.
- 15 September – Die ruimtetuig Cassini-Huygens sal, nadat dit Saturnus vir 13 jaar bestudeer het, in dié planeet se atmosfeer verbrand.
- 29 September – Kirsten McCann, 'n Suid-Afrikaanse roeier, wen 'n wêreldtitel in Sarasota, Florida, die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat dit vermag.
- 31 Oktober – Duitsland vier 500 jaar Protestantse Hervorming.
- 21 November – Robert Mugabe bedank uiteindelik as President van Zimbabwe, nadat hy jare lank aan dié mag bly vasklou het.
- In Frankryk word die staatsdossier oor die Nederlandse dubbelspioen Mata Hari openbaar gemaak.
Geboortes
- 31 Augustus – Prins Gabriel, Hertog van Dalarna, Sweedse prins.
Sterftes
![](../I/Sir_Roger_Moore_3.jpg.webp)
Roger Moore oorlede op 23 Mei
![](../I/Helmut_Kohl_1989.jpg.webp)
Helmut Kohl oorlede op 16 Junie
![](../I/Hugh_Hefner_Glamourcon_2010.jpg.webp)
Hugh Hefner oorlede op 27 September
Januarie tot Maart
- 1 Januarie – Yaakov Neeman, Israelse politikus, advokaat en regsgeleerde (* 1939).
- 9 Januarie – Zygmunt Bauman, Pools-Britse sosioloog en filosoof (* 1925).
- 13 Januarie – Mark Fisher, Britse skrywer, kultuurteoretikus, filosoof en dosent (* 1968).
- 14 Januarie − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige (* 1940).
- 15 Januarie – Marga van Rooy, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1942).
- 16 Januarie – Eugene Cernan, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1934).
- 18 Januarie – Peter Henry Abrahams, Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, joernalis en politieke kommentator (* 1919).
- 20 Januarie – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter (* 1946).
- 25 Januarie – Mary Tyler Moore, Amerikaanse aktrise en komediant (* 1936).
- 26 Januarie – Barbara Hale, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 6 Februarie – Joost van der Westhuizen, Suid-Afrika se agt-en-veertigste Springbokkaptein (* 1971).
- 16 Februarie – Dick Bruna, Nederlandse grafiese ontwerper, tekenaar en skrywer van kinderboeke (* 1927).
- 25 Februarie – Bill Paxton, Amerikaanse akteur (* 1955).
- 4 Maart – Margaret Roberts, Suid-Afrikaanse kruiedokter en skrywer (* 1937).
- 14 Maart – Henno Cronjé, predikant en Afrikaanse skrywer (* 1931).
- 20 Maart – David Rockefeller, Amerikaanse beleggingsbankier (* 1915).
- 21 Maart – Martin McGuinness, Noord-Ierse republikeinse politikus (* 1950).
- 28 Maart – Ahmed Kathrada, Suid-Afrikaanse politikus en anti-apartheidsaktivis (* 1929).
April tot Junie
- 1 Mei – Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer (* 1939).
- 19 Mei – Stanislav Petrov, Sowjetse luitenant-kolonel (* 1939).
- 23 Mei – Roger Moore, Engelse akteur (* 1927).
- 24 Mei – Piet Byleveld, Suid-Afrikaanse speurder (* 1950).
- 26 Mei – Zbigniew Brzeziński, Amerikaanse politieke wetenskaplike (* 1928).
- 4 Junie – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant (* 1929).
- 7 Junie – Johann Botha, Suid-Afrikaanse TV/radio-aanbieder en dokumentêrvervaardiger (* 1963).
- 7 Junie – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer (* 1934).
- 9 Junie – Carl von Hirschberg, Suid-Afrikaanse diplomaat (* 1926).
- 9 Junie – Adam West, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 14 Junie – Monika Pon-su-san was die model wat Vladimir Tretchikoff vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame), gebruik het (* 1930).
- 16 Junie – Helmut Kohl, Duitse politikus en kanselier (1982–1998) (* 1930).
- 17 Junie – Daniel Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1923).
- 22 Junie – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998). (* 1925).
- 30 Junie – Simone Veil, Franse en Europese staatsvrou (* 1927).
Julie tot September
- 12 Julie – Ray Phiri, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947).
- 15 Julie – Maryam Mirzakhani, Iranse wiskundige (* 1977).
- 27 Julie – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1943)
- 9 Augustus – I.D. Lamprecht, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1933).
- 20 Augustus – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1936).
- 30 Augustus – Marjorie Boulton, Britse skrywer en digter (* 1924).
- 8 September – Harry Kuitert, Nederlandse teoloog (* 1924).
- 8 September – Don Williams, Amerikaanse countrysanger (* 1939).
- 10 September – Harry Landers, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1921).
- 11 September – J. P. Donleavy, Iers-Amerikaanse skrywer en dramaturg (* 1926).
- 17 September – Lionel Wilson, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler (* 1933).
- 19 September – Jake LaMotta, Amerikaanse professionele bokser (* 1922).
- 27 September – Raymond Buckland, Brits-gebore Amerikaanse skrywer (* 1934).
- 27 September – Hugh Hefner, Amerikaanse tydskrifuitgewer (* 1926).
Oktober tot Desember
- 10 Oktober – Ryk Hattingh, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1957).
- 19 Oktober – Piet van Maarleveld, legendariese beroepsfotograaf van Potchefstroom (* 1928).
- 22 Oktober – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder (* 1932).
- 27 Oktober – Cecil Moss, Springbokrugbyspeler, -afrigter en dokter (* 1925).
- 1 November – Brad Bufanda, Amerikaanse akteur (* 1983).
- 6 November – Karin Dor, Duitse aktrise (* 1938).
- 6 November – Richard F. Gordon, Amerikaanse vlootoffisier en toetsvlieënier, chemikus en Nasa-ruimtevaarder (* 1929).
- 7 November – Tommie Meyer, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1928).
- 11 November – Chiquito de la Calzada, Spaanse akteur, komediant en sanger (* 1932).
- 17 November – Salvatore Riina, Italiaanse mafioso (* 1930).
- 21 November – David Cassidy, Amerikaanse sanger, akteur (* 1950).
- 25 November – Rance Howard, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 29 November – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof (* 1935).
- 30 November – Eddie Daniels, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis (* 1928).
- 13 Desember – Prof. Richard Ernest van der Ross, Kaapse Kleurlingleier en opvoedkundige (* 1921).
- 14 Desember - Robert Charles Sproul, Amerikaanse Gereformeerde Teoloog, predikant en stigter van Ligionier Ministries (* 1939).
- 16 Desember – Sharon Laws, Britse professionele fietsryer (* 1974).
- 22 Desember – Carl Walter Meyer, Suid-Afrikaanse skilder (* 1965).
- 25 Desember – Willie Toweel, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1934).
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2017.
![]() |
Wikinews bevat nuus in verband met 2017. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.