2015-Rugbykampioenskapreeks

Die 2015-Rugbykampioenskapsreeks was die vierde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Julie tot 8 Augustus 2015 gespeel; vroeër en korter as in 2014, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

2015-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 17 Julie - 8 Augustus
Kampioen Vlag van Australië Australië (4 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 33 (5.5 per wedstryd)
Bywoning 243 416 (40 569 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard (30)
Meeste drieë Vlag van Australië Adam Ashley-Cooper
Vlag van Argentinië Juan Imhoff (3 elk)
2014
2016

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]

Formaat

Die formaat vir die 2015-toernooi het na dié van die vorige jare teruggekeer omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
1Vlag van Australië Australië 33008548+37113
2Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 32018565+2019
3Vlag van Argentinië Argentinië 31026498−3415
4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 30036588−2322

Wedstryddatums

Datum
Week 1 17–18 Julie
Week 2 25 Julie
Week 3 8 Augustus

Week 1

Week 2

Week 3


Rugbykampioenskapreekskampioen 2015
Vlag van Australië Australië

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard 30
2 Vlag van Nieu-Seeland Dan Carter 23
3 Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez 17
4 Vlag van Australië Adam Ashley-Cooper 15
Vlag van Argentinië Juan Imhoff
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Vlag van Australië Adam Ashley-Cooper 3
Vlag van Argentinië Juan Imhoff
3 Vlag van Argentinië Agustín Creevy 2
Vlag van Suid-Afrika Willie le Roux
Vlag van Suid-Afrika Jesse Kriel
Vlag van Australië Tevita Kuridrani
Vlag van Nieu-Seeland Richie McCaw
Vlag van Nieu-Seeland Nehe Milner-Skudder

Verwysings

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.