2011
Die jaar 2011 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 11de jaar van die 21ste eeu n.C en die 2de jaar van die dekade 2010’s. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
2011 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | ◄ 2011 ► | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2011 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Osama bin Laden oorlede op 2 Mei | ||||||||||||||||||||||
|
Die Verenigde Nasies het 2011 verklaar as die Internasionale Jaar van Woude.[1]
Gebeure
- 1 Januarie – Die Euro word ingestel in Estland.
- 1 Januarie – Die Amerikaanse dollar word ingelei in Bonaire, Saba en Sint Eustatius.
- 15 Februarie-20 Oktober – Die Libiese Burgeroorlog tussen rebelle van die Nasionale Oorgangsraad en die Libiese regering van Moeammar al-Ghaddafi, wat met 'n oorwinning vir die Nasionale Oorgangsraad eindig.
- 11 Maart – ’n Verwoestende 9.0 aardbewing skud Japan en veroorsaak ’n tsoenami met meer as 15 700 sterftes.
- 20 Maart – Parlementsverkiesings in Finland.
- 19 Februarie–2 April – Die 10de Krieketwêreldbeker word in Indië, Sri Lanka en Bangladesj aangebied en deur Indië gewen.
- 29 April – Die bruilof van die Britse Prins William met die Engelse Kate Middleton.
- 30 April – Saturnus in opposisie.
- 1 Mei – Pous Johannes Paulus II word salig verklaar deur sy opvolger Pous Benedictus XVI.
- 5 Mei – Skotse parlementsverkiesings.
- 27 Mei – Die Internasionale Ruimtestasie word voltooi.
- 2 Junie – Hemelvaartsdag.
- 28 Junie – Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek die vierde natuurlike satelliet van die dwergplaneet Pluto, Kerberos.
- 1 Julie – Die bruilof van die Monegaskiese Albert II met die Suid-Afrikaanse Charlene Wittstock.
- 6 Julie – Die Internasionale Olimpiese Komitee het in Durban, Suid-Afrika, aangekondig dat Pyeongchang in Suid-Korea die XXIIIste Olimpiese Winterspele mag aanbied.
- 9 Julie – Suid-Soedan verklaar hul onafhanklikheid van Soedan.
- 12 Julie – Die planeet Neptunus het vir die eerste keer sedert sy ontdekking in 1846 een volledige omwenteling rondom die son voltooi.
- 14 Julie – Suid-Soedan word die 193ste lidland van die Verenigde Nasies.
- 24 Julie – Analoog televisie-uitsendings word in Japan gestaak.
- 27 Julie – Suid-Soedan word die 54ste lidland van die Afrika-unie.
- 31 Augustus–18 September – Die EuroBasket 2011 vind in Litaue plaas en word deur Spanje gewen.
- 8 September – ’n Aardbewing met ’n krag van 4,5 op die Richterskaal word oor ’n groot deel van Nederland gevoel. Die episentrum lê in die Duitse stad Xanten.
- 9 September–23 Oktober – Die 7de Rugbywêreldbeker word in Nieu-Seeland aangebied en deur dié gasheer gewen.
- 31 Oktober – Palestina word lid van die Unesco.
- 9 November – Mark Boucher neem sy 500ste vangskoot in toetskrieket, die eerste persoon ooit.
- 25 November – Ringvormige sonsverduistering – hoofsaaklik oor Suid-Afrika, Antarktika en Nieu-Seeland.
- 28 November–9 Desember – Die Verenigde Nasies se Klimaatberaad word in Durban, Suid-Afrika, aangebied.
- 10 Desember – Totale maansverduistering – hoofsaaklik oor Asië, Australië en Alaska.
- 16 Desember – Rusland, Montenegro, Samoa en Vanuatu betree die Wêreldhandelsorganisasie.
Geboortes
- 8 Januarie – Prins Vincent van Denemarke, Deense prins.
- 8 Februarie – Prinses Josephine van Denemarke, Deense prinses.
Sterftes
- 4 Januarie − Gerry Rafferty, Skotse rocksanger en liedjieskrywer (* 1947).
- 20 Januarie – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise (* 1987).
- 12 Februarie – Kenneth Mars, Amerikaanse akteur (* 1935).
- 17 Februarie – Ron Hickman, Suid-Afrikaans-gebore, Jersey-gebaseerde motorontwerper en uitvinder. (* 1932).
- 29 Januarie – Fanus Rautenbach, Suid-Afrikaanse radioömroeper, skrywer en mediapersoonlikheid (* 1928).
- 16 Februarie – Justinas Marcinkevičius, Litause digter, skrywer, dramatikus en vertaler (* 1930).
- 18 Februarie – Lucas Maree, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1952).
- 28 Februarie – Jane Russell, Amerikaanse rolprentaktrise en sangeres (* 1921).
- 12 Maart – Hubert du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1922).
- 16 Maart – Carel Boshoff, Suid-Afrikaanse politikus, stigter van Orania (* 1927).
- 23 Maart – Elizabeth Taylor, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1932).
- 12 April – Sidney Harman, Amerikaanse sakeman, politikus en uitgewer (* 1918).
- 16 April – Bijan Pakzad, Irans-Amerikaanse mode- en fyngeurontwerper (* 1940).
- 23 April – Max van der Stoel, Nederlandse politikus en diplomaat (* 1924).
- 27 April – David Wilkerson, Amerikaanse predikant, evangelis en skrywer (* 1931).
- 2 Mei – Osama bin Laden, Arabiese terroris en stigter van al-Kaïda (* 1957).[2]
- 7 Mei – Seve Ballesteros, Spaanse beroepsgholfspeler (* 1957).
- 24 Mei – Erns Louis Jansen, Suid-Afrikaanse regter (* 1918).
- 7 Junie – Jorge Semprún, Spaanse skrywer (* 1923).
- 15 Junie – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur (* 1949).
- 18 Junie – Frederick Chiluba, Zambiese president (* 1943).
- 22 Junie – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse politikus (* 1934).
- 8 Julie – Betty Ford, Eerste Dame van die Verenigde State (* 1918).
- 13 Julie – Al Debbo, Suid-Afrikaanse akteur, komediant en sanger (* 1924).
- 18 Julie – Generaal Magnus Malan, voormalige Minister van Verdediging en Hoof van die SA Weermag (* 1930).
- 23 Julie – Amy Winehouse, Britse sangeres en liedjieskrywer (* 1983).
- 3 Augustus – Bubba Smith, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger (* 1945).
- 5 Augustus – Francesco Quinn, Italiaans-Amerikaanse akteur (* 1963).
- 5 Oktober – Steve Jobs, Amerikaanse sakeman en medestigter van Apple Inc. (* 1955).
- 7 Oktober – Paul Kent, Amerikaanse akteur(* 1930).
- 20 Oktober – Moeammar al-Ghaddafi, de facto leier van Libië van 1969 tot 2011 (* 1942).
- 19 November – Basil D'Oliveira, ’n veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931).
- 28 November – Phil du Plessis, Afrikaanse digter (* 1944).
- 7 Desember – Harry Morgan, Amerikaanse akteur (* 1915).
- 17 Desember – Kim Jong-Il, leier van Noord-Korea van 1994 tot 2011. (* 1941/42).
- 17 Desember – Cesária Évora volksangeres van Kaap Verde. (* 1941).
- 18 Desember – Václav Havel, Tsjeggiese skrywer en voormalige staatspresident (* 1936).
- 23 Desember – Johannes Petrus Louw, Suid-Afrikaanse vertaler en akademikus (* 1932).
- 24 Desember – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger (* 1903).
- 25 Desember – J.C. Kannemeyer, Afrikaanse skrywer en biograaf (* 1939).
- 29 Desember – Amichand Rajbansi, leier van die Minority Front in Suid-Afrika se Parlement (* 1942).
Verwysings
- "United Nations Observances" (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2011. Besoek op 30 November 2010.
- (en) N.Y. Times – Osama bin Laden is killed
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.