2010
Die jaar 2010 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 10de jaar van die 21ste eeu n.C. Dit was ook die eerste jaar van die dekade 2010's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
2010 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | ◄ 2010 ► | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2010 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Sokker-Wêreldbeker | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar is deur die Verenigde Nasies as die Internasionale Jaar van Biodiversiteit gedenk.
Gebeure
- 12 Januarie – 'n 7.0 Aardbewing vernietig die hoofstad van Haïti, Port-au-Prince, grotendeels met sterftes tussen 220 000 en 500 000.
- 25 Januarie – Ethiopiese Lugdiens Vlug 409 stort neer.
- 31 Januarie – Die Afrika-unie verander sy vlag.
- 12–28 Februarie – Die 21ste Olimpiese Winterspele word in Vancouver, Kanada, aangebied.
- 12-21 Maart – Die tiende Paralimpiese Winterspele word in Vancouver, Kanada, aangebied.
- 1 April – Sensus word in die Verenigde State van Amerika gehou.
- 15 April – Barack Obama beloof aan NASA 'n reis na Mars teen 2030.
- 20 April – Die Deepwater Horizon-oliestorting vind in die Golf van Meksiko plaas.
- 21 April – Die Pretoria-wegholtreinongeluk vind plaas.
- 30 April–16 Mei – Die 3de T20I-wêreldbeker word in Wes-Indië aangebied en deur Engeland gewen.
- 1 Mei – Geskeduleerde vlugte begin vanaf die nuwe Koning Shaka Internasionale Lughawe naby Durban.
- 7 Mei – Chili sluit by die OESO aan.
- 12 Mei – Vlug Afriqiyah Lugdiens Vlug 771 stort neer by die Tripoli Internasionale Lughawe.
- 13 Mei – Hemelvaartsdag.
- 31 Mei – Suid-Afrika is 'n 100 jaar oud.
- 9 Junie – Tweede Kamerverkiesings vind in Nederland plaas.
- 11 Junie – FIFA se Sokker-wêreldbeker skop af in Suid-Afrika.
- 11 Julie – Die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word deur Spanje in Johannesburg gewen.
- 21 Julie – Slowenië sluit by die OESO aan.
- 4 Augustus – Keniaanse kiesers stem in 'n referendum ten gunste van 'n nuwe grondwet wat onder meer die president se bevoegdhede beperk.
- 7 September – Israel sluit by die OESO aan.
- 10 Oktober – Die Nederlandse Antille word verdeel in Curaçao en Sint Maartin as aparte dele van die Koninkryk der Nederlande. Bonaire, Saba en Sint Eustatius word munisipale gebiede van Nederland.
- 14 Oktober – Nederland het 'n nuwe regering: die Rutte I-kabinet word saamgestel.
- 22 Oktober – Mianmar verander sy vlag.
- 9 Desember – Estland sluit by die OESO aan.
Sterftes
- 8 Januarie – Otmar Suitner, Oostenrykse dirigent (* 1922).
- 22 Januarie – James Mitchell, Amerikaanse akteur (* 1910).
- 5 Februarie – Harry Schwarz, Suid-Afrikaanse politikus en VN-ambassadeur (* 1924)
- 11 Februarie – Jim Janssen van Raaij, Nederlandse politikus (* 1932)
- 23 Februarie – Madeleine van Biljon, 'n skryfster en joernalis (* 1928).
- 10 Maart – Peter Graves, Amerikaanse akeur en regisseur (* 1926).
- 11 Maart – Hans van Mierlo (78), Nederlandse joernalis en politikus (* 1931).
- 24 Maart – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur (* 1915).
- 25 Maart – George Bartlett, Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur en politikus (* 1931).
- 3 April – Eugène Terre’Blanche (69), Suid-Afrikaanse politikus en leier van die AWB; op sy plaas vermoor (* 1941).
- 10 April – Lech Kaczyński (60), president van Pole (* 1949).
- 10 April – Maria Kaczyńska (67), eggenote van Lech Kaczyński.
- 14 April – Miems de Bruyn (87), Suid-Afrikaanse aktrise (* 1922).
- 15 April – Lucas Malan (63), Afrikaanse digter (* 1946).
- 28 April – Avigdor Arikha, 'n Roemeens-gebore Frans-Israelse skilder, tekenaar, druk-kunstenaar, en kuns-geskiedkundige (* 1929).
- 9 Mei – Hans Dijkstal (67), Nederlandse politikus (* 1943).
- 14 Mei – Frederik van Zyl Slabbert (70), Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en besigheidsman (* 1940).
- 25 Mei – Bun Booyens, Afrikaanse kultuurhistorikus (* 1916).
- 17 Junie – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger (* 1925).
- 26 Junie – Algirdas Brazauskas (77), Litause politikus, staatspresident en eerste minister (* 1932).
- 28 Junie – Robert Carlyle Byrd, Amerikaanse politikus (* 1917).
- 30 Junie – Gordon Mulholland, Suid-Afrikaanse akteur (* 1921).
- Julie – Gert Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus (* 1929).
- 1 September – Cammie King, Amerikaanse aktrise (* 1934).
- 4 September – Fanie Botha, Suid-Afrikaanse Minister van Waterwese en Bosbou (* 1922).
- 15 September – Bettie Cilliers-Barnard, een van Suid-Afrika se bekendste skilders (* 1914).
- 20 September – Ina de Villiers, skrywer van die bekendste kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet (* 1919).
- 26 September – Gloria Stuart, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 5 Oktober – Alba Bouwer, Suid-Afrikaanse kinderboekskryfster, bekende joernalis en maatskaplike werkster (* 1920).
- 23 Oktober – Bob Courtney, Suid-Afrikaanse akteur en omroeper (* 1923).
- 25 Oktober – Lisa Blount, Amerikaanse filmaktrise en -vervaardiger (* 1957).
- 27 Oktober – Néstor Kirchner, Argentynse politikus (goewerneur, staatspresident) en advokaat (* 1950).
- 27 Oktober – Gideon Joubert, Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer (* 1923).
- 30 Oktober – Harry Mulisch, Nederlandse skrywer (* 1927).
- 2 November - Rudolf Barsjai, Sowjet- en Russiese dirigent en altviolis. (* 1924)
- 5 November – Jill Clayburgh, Amerikaanse aktrise (* 1944).
- 25 Desember – Hendrik van Blerk (95), Afrikaanse skrywer en digter (* 1915)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.