2009
Die jaar 2009 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 9de jaar van die 21ste eeu n.C. Dis ook die laaste jaar van die dekade 2000's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
2009 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | ◄ 2009 ► | 2010 | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2009 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
President Zuma | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar is deur die VN tot die Internasionale Jaar van Astronomie verklaar,
Gebeure
- 1 Januarie – Slowakye aanvaar die Euro as hulle nasionale geldeenheid.
- 20 Januarie – Barack Obama, die 44ste President van die Verenigde State word ingelyf na George W. Bush se 8-jaar termyn.
- 23 Januarie – Jacques Kallis (34) word die eerste Suid-Afrikaanse krieketspeler om 10 000 lopies te haal in eendagwedstryde en die agtste speler internasionaal.
- 13 Februarie – Unix-stelsels se tyd was om 23:31:30 UTC kronologies 1234567890 gewees.
- 24 Februarie – Die 18de Knesset word ingesweer.
- 3 Maart – Die veroordeelde sakeman Schabir Shaik word op mediese parool vrygelaat, nadat hy slegs twee jaar en vier maande van sy vyftien jaar vonnis uitgedien het.
- 6 Maart – Knysna-meer, die Wildernis, Tsitsikamma en ander parke in staatsbesit smelt saam om die nuwe Tuinroete Nasionale Park te vorm.
- 31 Maart – Die Israelse Netanyahu II-kabinet word byeengeroep.
- 1 April – Albanië en Kroasië sluit by NAVO aan.
- 9 Mei – Jacob Zuma word President van Suid-Afrika.
- 21 Mei – Hemelvaartsdag.
- 28 Mei – Microsoft stel Bing, hulle soekenjin bekend tydens die All Things Digital-konferensie in San Diego, VSA.
- 1 Junie – Die Franse vlug 447 stort neer naby die Sint Petrus en Sint Paulus-argipel in die Atlantiese Oseaan.
- 3 Junie – Microsoft stel Windows 7 vry.
- 5–21 Junie – Die 2de T20I-wêreldbeker word in Engeland aangebied en deur Pakistan gewen.
- 14–28 Junie – Die sesde FIFA Konfederasiebeker toernooi word in Suid-Afrika gespeel.
- 1 September – Fidji se lidmaatskap aan die Britse Statebond word opgeskort.
- 22 September–5 Oktober – Die 6de Kampioenetrofee word in Suid-Afrika aangebied en deur Australië gewen.
- 24 September – Airlink Vlug 8911, 'n British Aerospace Jetstream 41 stort neer in Durban net nadat dit opgestyg het.
- 2 Oktober – Die Internasionale Olimpiese Komitee kondig Rio de Janeiro as gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele 2016 aan.
- 29 November – Rwanda word die 54ste lid van die Britse Statebond.
- 7 Desember – 'n Embraer ERJ 135-vliegtuig van Airlink gly van die aanloopbaan af, by George-lughawe, en beland op die R404-pad.
Geboortes
- 15 April – Julia Butters, Amerikaanse kinderaktrise.
Sterftes
- 1 Januarie – Helen Suzman, Suid-Afrikaanse politikus (* 1917).
- 31 Januarie – Trudie Taljaard, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1948).
- 26 Februarie – Wendy Richard, Engelse aktrise (* 1943).
- 27 Februarie – John Alvin, Amerikaanse akteur (* 1917).
- 2 Maart – João Bernardo Vieira, president van Guinee-Bissau (* 1939).
- 12 Maart – Leonore Annenberg, Amerikaanse sakevrou, regeringsamptenaar en filantroop (* 1918).
- 14 Maart − Alain Bashung, Franse sanger en komediant (* 1947).
- 18 Maart – Moultrie Patten, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 18 Maart – Natasha Richardson, Engelse aktrise en vervaardiger (* 1963).
- 29 Maart – Gerrit Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus (* 1926).
- 6 April – Ivy Matsepe-Casaburri, Suid-Afrikaanse politikus (* 1937).
- 12 April – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise (* 1952).
- 25 April – Bea Arthur, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 8 Mei – Lalie Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1916).
- 13 Mei – Monica Bleibtreu, Oostenrykse aktrise (* 1944).
- 20 Junie – Neda, jong Irannese vrou wat betoog het in Teheran teen aksies van president Mahmoud Ahmadinejad en die ajatolla Ali Khamenei (* 1982).
- 25 Junie – Farrah Fawcett, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1947).
- 25 Junie – Michael Jackson, Amerikaanse popsanger (* 1958).
- 27 Junie – Gale Storm, Amerikaanse sangeres/aktrise (* 1922).
- 1 Julie - Mollie Sugden, Britse aktrise (* 1922).
- 25 Julie – M.C.E. van Schoor (Tienie van Schoor), bekende Afrikaanse historikus en skrywer (* 1920).
- 31 Julie – Tim Guest, Britse skrywer en joernalis (* 1975).
- 8 Augustus – Willie van Niekerk, Suid-Afrikaanse medikus, politikus en kabinetsminister (* 1937).
- 1 September – Erich Kunzel, Amerikaanse dirigent (* 1935).
- 14 September – Patrick Swayze, Amerikaanse akteur (* 1952).
- 25 September – Alicia de Larrocha, 'n Spaanse pianis en komponis (* 1923).
- 12 Oktober – Irene van Wyk, Afrikaanse gospel-sangeres (* 1965).
- 13 Oktober – Hendrik Witbooi, Namibiese politikus en die sewende kaptein van die ǀKhowesin-stam (* 1934).
- 18 Oktober – Basie Vivier, Suid-Afrika se vier-en-twintigste Springbokkaptein (* 1927).
- 22 Oktober – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser (* 1932).
- 29 Oktober – Russell Ackoff, Amerikaanse bedryfskundige en baanbreker in operasionele navorsing en algemene stelselteorie.(* 1919).
- 24 November – Samak Sundaravej, Thaise premier (* 1935).
- 12 Desember – Piet Uys, Springbokrugbyspeler (* 1937).
- 15 Desember – Henriette Grové, Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 16 Desember – Manto Tshabalala-Msimang, Suid-Afrikaanse politikus (* 1940).
- 20 Desember – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise (* 1977).
- 28 Desember – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur (* 1924).
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.