2003-Drienasiesreeks
Die 2003-Drienasiesreeks was die agtste keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 12 Julie tot 16 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die vyfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.
Datums | 12 Julie - 16 Augustus |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (5 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 30 (5 per wedstryd) |
Bywoning | 307 162 (51 194 per wedstryd) |
Meeste punte | Carlos Spencer (60) |
Meeste drieë | Joe Rokocoko (6) |
← 2002 2004 → | |
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]
Formaat
Die formaat vir die 2003-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 142 | 65 | +77 | 2 | 18 |
2 | Australië | 4 | 1 | 0 | 3 | 89 | 106 | –17 | 2 | 6 |
3 | Suid-Afrika | 4 | 1 | 0 | 3 | 62 | 122 | –60 | 0 | 4 |
Wedstryddatums
Datum | Datum | ||
---|---|---|---|
Week 1 | 12 Julie | Week 4 | 2 Augustus |
Week 2 | 19 Julie | Week 5 | 9 Augustus |
Week 3 | 26 Julie | Week 6 | 16 Augustus |
Week 1
12 Julie 2003 | Suid-Afrika | 26–22 | Australië | Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drieë: Victor Matfield, Brent Russell Doelskoppe: Louis Koen (2) Strafdoele: Louis Koen (4) Kaart: De Wet Barry |
Verslag | Drieë: Wendell Sailor, Joe Roff, Phil Waugh Doelskoppe: Matt Burke (2) Skepdoel: Matt Burke |
Bywoning: 48 678 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
|
Week 2
19 Julie 2003 | Suid-Afrika | 16–52 | Nieu-Seeland | Loftus Versfeld, Pretoria, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drie: Ashwin Willemse Doelskop: Louis Koen Strafdoele: Louis Koen (2) Skepdoel: Louis Koen |
Verslag | Drieë: Doug Howlett (2), Aaron Mauger, Kees Meeuws, Joe Rokocoko (2), Carlos Spencer Doelskoppe: Carlos Spencer (4) Strafdoele: Carlos Spencer (3) Kaart: Kees Meeuws |
Bywoning: 50 000 Skeidsregter: Alain Rolland (IRL) | |
Week 3
26 Julie 2003 | Australië | 21–50 | Nieu-Seeland | ANZ-stadion, Sydney, Australië | |
19:00 (AEST) | Drieë: Matt Burke, Mat Rogers, Wendell Sailor Strafdoele: Matt Burke (2) |
Verslag | Drieë: Dan Carter, Doug Howlett, Aaron Mauger, Joe Rokocoko (3), Tana Umaga Doelskoppe: Dan Carter, Carlos Spencer (2) Strafdoele: Carlos Spencer (3) Kaart: Wendell Sailor |
Bywoning: 82 096 Skeidsregter: Tony Spreadbury (ENG) | |
Week 4
2 Augustus 2003 | Australië | 29–9 | Suid-Afrika | Langpark, Brisbane, Australië | |
19:00 (AEST) | Drieë: Mat Rogers, Phil Waugh Doelskoppe: Elton Flatley (2) Strafdoele: Elton Flatley (5) |
Verslag | Strafdoele: Louis Koen (3) Kaarte: Robbie Kempson , Danie Coetzee |
Bywoning: 51 188 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
Week 5
9 Augustus 2003 | Nieu-Seeland | 19–11 | Suid-Afrika | Carisbrook, Dunedin, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drie: Joe Rokocoko Doelskop: Carlos Spencer Strafdoele: Carlos Spencer (4) |
Verslag | Drie: Richard Bands Strafdoele: Louis Koen (2) |
Bywoning: 30 200 Skeidsregter: Peter Marshall (AUS) | |
|
Week 6
16 Augustus 2003 | Nieu-Seeland | 21–17 | Australië | Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Doug Howlett (2) Doelskop: Carlos Spencer Strafdoele: Carlos Spencer (3) |
Verslag | Drie: George Smith Strafdoele: Elton Flatley (4) |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
|
Drienasiesreekskampioen 2003 |
---|
Nieu-Seeland |
Statistiek
Meeste punte en drieë
Meeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Verwysings
- (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.