2002
Die jaar 2002 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 2de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
2002 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1997 | 1998 | 1999 | 2000 | 2001 | ◄ 2002 ► | 2003 | 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2002 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
euros | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 1 Januarie – Die Eurobanknote en -muntstukke word ingevoer in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje.
- 1 Januarie – Prof. Theuns Eloff aanvaar diens as rektor van die PU vir CHO.
- Die negende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 8-24 Februarie – Die 19de Olimpiese Winterspele word in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 7-16 Maart – Die agste Paralimpiese Winterspele word in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 20 Mei – Herstel van Oos-Timor se onafhanklikheid van Indonesië.
- 31 Mei-30 Junie – Die 17de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Suid-Korea en Japan gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 8 Junie – Serena Williams wen die Franse Ope.
- 9 Julie – Stigting van die Afrika-unie, die opvolger van die Organisasie vir Afrika-eenheid, in Lusaka.
- 10 September – Switserland sluit aan by die Verenigde Nasies.
- 12–30 September – Die 3de Kampioenetrofee word in Sri Lanka aangebied en deur Indië en Sri Lanka as medewenners gewen.
- 1 November – Uitbreek van die Ears in die Yunnanprovinsie van die Volksrepubliek China.
- 15 November – Hu Jintao word algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van China.
Geboortes
- 30 September – Maddie Ziegler, Amerikaanse aktrise en danseres.
Sterftes
- Maart (dag onbekend) – Pieter Pieterse, Afrikaanse skrywer en TV-aanbieder (* 1936).
- 22 Januarie – Sheldon Allman, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 28 Januarie – Astrid Lindgren, Sweedse skrywer wat onder andere ook Pippi Langkous geskryf het (* 1907).
- 9 Februarie – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike (* 1930).
- 22 Februarie – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1921).
- 27 Maart – Dudley Moore, Engelse akteur en musikant (* 1935).
- 27 Maart – Milton Berle, Amerikaanse akteur, komediant (* 1908).
- 30 Maart – Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin (* 1900).
- 1 April – Simo Häyhä, Finse soldaat en waarskynlik die suksesvolste sluipskutter van alle tye (* 1905).
- 18 April – Thor Heyerdahl, 'n Noorse ontdekkingsreisiger (* 1914).
- 22 April – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise (* 1949).
- 5 Mei – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië (* 1926).
- 25 Mei – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder, komediant en skepper van programme (* 1967).
- 1 Junie – Hansie Cronjé, Suid-Afrikaanse oud-krieketkaptein (* 1969).
- 10 Junie – Attie van der Colf, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en digter van 126 omrymings in die Liedboek van die Kerk (* 1933).
- 24 Junie – Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger (* 1921).
- 29 Junie – Stephen Fry, Suid-Afrika se drie-en-twintigste Springbokkaptein (* 1924).
- 1 Julie – Eleanor Baker, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944).
- 9 Julie – Rod Steiger, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 3 Augustus – Carmen Silvera, Britse aktrise (* 1922).
- 23 Augustus – Stafford Beer, Britse stelseteoretikus en konsultant. (* 1926).
- 1 Oktober – Walter Annenberg, Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat (* 1908).
- 13 Oktober – Stephen E. Ambrose, Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente (* 1936).
- 13 Oktober – Garfield Todd, Eerste Minister van Suid-Rhodesië (* 1908).
- 12 November – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant (* 1960).
- 18 November – James Coburn, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 24 November – John Rawls, Amerikaanse filosoof (* 1921).
- 2 Desember – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog (* 1926).
- 11 Desember – Brad Dexter, Amerikaanse akteur (* 1917).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.