2001-Drienasiesreeks

Die 2001-Drienasiesreeks was die sesde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 21 Julie tot 1 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Australië het die toernooi vir die tweede keer gewen en sodoende hul titel suksesvol verdedig. Buitendien het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat hulle die All Blacks in albei wedstryde geklop het.

2001-Drienasies
Datums 21 Julie - 1 September
Kampioen Vlag van Australië Australië (2 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 13 (2.17 per wedstryd)
Bywoning 314 356 (52 393 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Matt Burke (53)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Pita Alatini (2)
2000
2002

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

Formaat

Die formaat vir die 2001-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
1Vlag van Australië Australië 42118175+6111
2Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 42027970+919
3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 41125267–1506

Wedstryddatums

Datum Datum
Week 1 21 Julie Week 4 18 Augustus
Week 2 28 Julie Week 5 25 Augustus
Week 3 11 Augustus Week 6 1 September

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Drienasiesreekskampioen 2001
Vlag van Australië Australië

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Vlag van Australië Matt Burke 53
2 Vlag van Suid-Afrika Braam van Straaten 39
3 Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens 30
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Vlag van Nieu-Seeland Pita Alatini 2

Verwysings

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.