19 Augustus
19 Augustus is die 231ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (232ste in skrikkeljare). Daar volg nog 134 dae in die res van die jaar.
<< | Augustus 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 1458 – Pous Pius II volg Pous Callixtus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1692 – In Salem, Massachusetts word vyf vroue en 'n geestelike tereggestel nadat hulle skuldig bevind is aan heksery.
- 1744 – Pous Benedictus XIV publiseer Cum semper oblatas waarin priesters aangesê word om gereeld die mis op te dra.
- 1930 – Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) word in Kaapstad gestig.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers bombardeer die gebied tussen Diessenhofen en Schlatt (Kanton Thurgau) in Switserland. Switserland was ´n neutrale land tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: In Oos-Afrika word Brits-Somaliland aan Italië afgestaan ná die inval wat op 4 Augustus begin het.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde magte, meestal Kanadees, val Dieppe, Frankryk, binne in die Dieppe-inval.
- 1953 – A.L. Geyer lewer 'n praatjie by die Rotariërklub in Londen om te verduidelik hoekom apartheid "die beste beleid" vir alle rasse in Suid-Afrika is.
- 1968 – Nigeriese federale troepe val veelvuldige teikens in Biafra aan en 2 000 mense sterf na bewering in die gepaardgaande bloedbad.
- 1989 – Tydens die Paneuropese Piekniek vlug meer as 600 burgers van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) met Hongaarse ondersteuning na die Weste – die begin van die einde van die DDR.
- 1990 – In Soweto eis bloedige geweld tussen die aanhangers van die ANC en Inkatha 222 slagoffers.
- 1991 – In die mislukte Sowjet-staatsgreeppoging van 1991 deur Kommunistiese konserwatiewe elemente, word aangekondig dat Michail Gorbatsjof siek is en van sy amp as president onthef is.
Geboortes
- 1646 – John Flamsteed Engelse sterrekundige († 1719).
- 1883 – Coco Chanel, Franse mode-ontwerpster († 1971).
- 1883 – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise († 1961).
- 1899 – Colleen Moore, Amerikaanse aktrise († 1988).
- 1906 – Philo Farnsworth, Amerikaanse uitvinder en televisiepionier († 1971).
- 1926 – Angus Scrimm, Amerikaanse akteur († 2016).
- 1940 – Jill St. John, Amerikaanse aktrise.
- 1942 – Fred Thompson, Amerikaanse akteur en politikus († 2015).
- 1944 – Sam de Beer, Suid-Afrikaanse politikus en oud-kabinetminister.
- 1946 – Bill Clinton, 42ste President van die Verenigde State.
- 1946 – Elma Potgieter, Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en taalpraktisyn.
- 1952 – Jonathan Frakes, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1963 – John Stamos, Amerikaanse akteur.
- 1965 – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor († 2016).
- 1965 – Kyra Sedgwick, Amerikaanse aktrise.
- 1975 – Tracie Thoms, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Michelle Borth, Amerikaanse aktrise.
- 1983 – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model († 2013).
- 1987 – Nico Hülkenberg, Duitse Formule Een-renjaer.
- 1994 – Tamaryn Green, Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin, Mej Suid-Afrika 2018.
Sterftes
- 14 – Gaius Julius Caesar Octavianus, princeps van Rome (* 63 v.C.).
- 1580 – Andrea Palladio, Italiaanse Renaissance-argitek (* 1508).
- 1662 – Blaise Pascal, Franse wiskundige, fisikus en godsdienstige filosoof (* 1623).
- 1819 – James Watt (83), Skotse uitvinder en meganiese ingenieur (* 1736).
- 1944 – Günther von Kluge (61), Duitse generaal (* 1882).
- 1954 – Alcide De Gasperi (73), Italiaanse staatsman en politikus (* 1881).
- 1951 – Barry Heatlie, Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein (* 1872).
- 1969 – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek (* 1886).
- 1977 – Groucho Marx (86), Amerikaanse komiek en akteur (* 1890).
- 1994 – Linus Pauling, Amerikaanse chemikus, biochemikus, chemiese ingenieur en Nobelprys vir Chemie-wenner (* 1901)
- 2000 – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat (* 1908).
- 2008 – Levy Mwanawasa (59), derde president van Zambië (2002-2008) (* 1948).
- 2013 – Lee Thompson Young (29), Amerikaanse akteur (* 1984).
- 2017 – Dick Gregory (84), Amerikaanse komiek, akteur en aktivis (* 1932).
- 2023 – Angie oeh, Afrikaanse kletsrymer (* 1998).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Verheerliking van Jesus (Oostelike Christendom).
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 19 Augustus.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.