1996-Drienasiesreeks
Die 1996-Drienasiesreeks was die eerste keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 6 Julie tot 10 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.[1]
Datums | 6 Julie - 10 Augustus |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (1 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 19 (3.17 per wedstryd) |
Bywoning | 248 540 (41 423 per wedstryd) |
Meeste punte | Andrew Mehrtens (69) |
Meeste drieë | Justin Marshall (2) |
1997 → | |
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[2]
Formaat
Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 119 | 60 | +59 | 1 | 17 |
2 | Suid-Afrika | 4 | 1 | 0 | 3 | 70 | 84 | –14 | 2 | 6 |
3 | Australië | 4 | 1 | 0 | 3 | 71 | 116 | –45 | 2 | 6 |
Wedstryddatums
Datum | Datum | ||
---|---|---|---|
Week 1 | 6 Julie | Week 4 | 27 Julie |
Week 2 | 13 Julie | Week 5 | 3 Augustus |
Week 3 | 20 Julie | Week 6 | 10 Augustus |
Week 1
6 Julie 1996 | Nieu-Seeland | 43–6 | Australië | Athletic Park, Wellington, Nieu-Seeland | |
14:35 (NZST) | Drieë: Zinzan Brooke, Christian Cullen, Michael Jones, Jonah Lomu, Justin Marshall, Jeff Wilson Doelskoppe: Andrew Mehrtens (2) Strafdoele: Andrew Mehrtens (3) |
Verslag | Strafdoele: Matt Burke (2) | Bywoning: 39 523 Skeidsregter: Ed Morrison (ENG) | |
|
Week 2
13 Julie 1996 | Australië | 21–16 | Suid-Afrika | Sydney Voetbalstadion, Sydney, Australië | |
20:00 (AEST) | Drieë: Joe Roff, Tim Horan Doelskop: Matt Burke Strafdoele: Matt Burke (3) |
Verslag | Drie: Pieter Hendriks Doelskop: Henry Honiball Strafdoele: Henry Honiball (2), André Joubert |
Bywoning: 41 850 Skeidsregter: Tony Spreadbury (ENG) | |
Week 3
20 Julie 1996 | Nieu-Seeland | 15–11 | Suid-Afrika | Lancasterpark, Christchurch, Nieu-Seeland | |
14:35 (NZST) | Strafdoele: Andrew Mehrtens (5) | Verslag | Drie: André Joubert Strafdoele: Joel Stransky (2) |
Bywoning: 38 000 Skeidsregter: Ray Megson (SCO) | |
Week 4
27 Julie 1996 | Australië | 25–32 | Nieu-Seeland | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:00 (AEST) | Drieë: Matt Burke, George Gregan Strafdoele: Matt Burke (5) |
Verslag | Drieë: Frank Bunce, Justin Marshall Doelskoppe: Andrew Mehrtens (2) Strafdoele: Andrew Mehrtens (6) |
Bywoning: 40 167 Skeidsregter: Jim Fleming (SCO) | |
Week 5
3 Augustus 1996 | Suid-Afrika | 25–19 | Australië | Vrystaatstadion, Bloemfontein, Suid-Afrika | |
17:00 (SAST) | Drie: Joel Stransky Doelskop: Joel Stransky Strafdoele: Joel Stransky (6) |
Verslag | Drie: Ben Tune Doelskop: John Eales Strafdoele: Matt Burke, John Eales |
Bywoning: 38 000 Skeidsregter: Brian Stirling (IRL) | |
|
Week 6
10 Augustus 1996 | Suid-Afrika | 18–29 | Nieu-Seeland | Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika | |
17:00 (SAST) | Drieë: Os du Randt, Japie Mulder Doelskop: Joel Stransky Strafdoele: Joel Stransky (2) |
Verslag | Drieë: Glen Osborne, Craig Dowd Doelskoppe: Andrew Mehrtens (2) Strafdoele: Andrew Mehrtens (5) |
Bywoning: 51 000 Skeidsregter: David McHugh (IRL) | |
|
Drienasiesreekskampioen 1996 |
---|
Nieu-Seeland |
Statistiek
Meeste punte en drieë
Meeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Verwysings
- (en) Mick Cleary en John Griffiths, red. (1997). Rothmans Rugby Union Yearbook 1997–98. Londen: Headline Book Publishing. ISBN 0 7472 7732 X.
- (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.