1985
Die jaar 1985 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 85ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1985 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1980 | 1981 | 1982 | 1983 | 1984 | ◄ 1985 ► | 1986 | 1987 | 1988 | 1989 | 1990 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1985 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 1 Januarie – Groenland bedank uit die Europese gemeenskap.
- 18 Januarie – Bouwerk begin aan die Hugenotetonnel.
- 27 Maart – Die Westdenedam-ramp vind in Johannesburg plaas. Twee-en-veertig kinders sterf in die ongeluk.
- 24 Mei – Dragonair, 'n lugredery en volfiliaal van Cathay Pacific, word in Hongkong gestig.
- 13 Junie – Die Suid-Afrikaanse Weermag val ANC-teikens in Gaborone, die hoofstad van Botswana, aan.
- 10 Julie – Die Greenpeace skip Rainbow Warrior word opgeblaas in Aucklandhawe.
- 15 Augustus – President P.W. Botha lewer die sogenaamde Rubicon-toespraak wat ernstige gevolge vir die ekonomie van Suid-Afrika gehad en dit het ook veroorsaak dat Suid-Afrika nog verder geïsoleer is deur die internasionale gemeenskap.
- 26 Augustus – Zola Budd verbeter die 5 000 m wêreldrekord.
- 19 September – 'n Aardbewing tref Meksikostad.
- 19 Oktober – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas.
- 1 Desember – Die Congress of South African Trade Unions (COSATU) word gestig met die samesluiting van 37 vakbonde, wat sowat 380 000 lede verteenwoordig.
- 3 Desember – Die Suid-Afrikaanse rand daal tot $0,36, sy laagste vlak ooit teenoor die VSA-dollar.
- 23 Desember – 'n ANC-terreurbom verwoes 'n besige sakesentrum in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal. Vyf mense sterf en veertig word beseer.
- 25 Desember – 'n Grensoorlog oor die strategiese Agacherstrook breek tussen Mali en Burkina Faso uit.
Wêreldbevolking
Wêreldbevolking | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
1985 | 1980 | 1990 | ||||
Wêreld | 4,830,979,000 | 4,434,682,000 | 396,297,000 | 5,263,593,000 | 432,614,000 | |
Afrika | 541,814,000 | 469,618,000 | 72,196,000 | 622,443,000 | 80,629,000 | |
Asië | 2,887,552,000 | 2,632,335,000 | 255,217,000 | 3,167,807,000 | 280,255,000 | |
Europa | 706,009,000 | 692,431,000 | 13,578,000 | 721,582,000 | 15,573,000 | |
Suid-Amerika | 401,469,000 | 361,401,000 | 40,068,000 | 441,525,000 | 40,056,000 | |
Noord-Amerika | 269,456,000 | 256,068,000 | 13,388,000 | 283,549,000 | 14,093,000 | |
Oseanië | 24,678,000 | 22,828,000 | 1,850,000 | 26,687,000 | 2,009,000 |
Geboortes
- 7 Januarie – Lewis Hamilton, Britse Formule Een-renjaer, sewemalige wêreldrenkampioen.
- 5 Februarie – Cristiano Ronaldo, Portugese sokkerspeler.
- 7 Februarie – Wilhelm Steenkamp, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 6 Maart – Pretty Yende, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 12 Maart – Pieter Howes, Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en joernalis. († 2019).
- 7 April – Humza Yousaf, Skotse politikus.
- 9 April – Tim Bendzko, Duitse sanger en liedjieskrywer.
- 17 April – Rooney Mara, Amerikaanse aktrise.
- 22 April – Sam Altman, Amerikaanse entrepreneur, belegger en programmeerder.
- 4 Mei – Jason Jaftha, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 16 Mei – Jing Lusi, Chinese aktrise.
- 30 Junie – Michael Phelps, Amerikaanse wêreldkampioenswemmer.
- 24 Junie – Vernon Philander, oud-Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 21 Julie – Aliette Opheim, Sweedse aktrise.
- 1 Augustus – Tendai "Beast" Mtawarira, oud-Springbokrugbyspeler.
- 9 Augustus – Vivek Ramaswamy, Amerikaanse entrepreneur en presidensiële kandidaat.
- 27 Augustus – Danica Curcic, Deense aktrise.
- 5 September – Ernst Roets, Suid-Afrikaanse burgerregte-aktivis.
- 15 Oktober – Khanyi Mbau, Suid-Afrikaanse aktrise met boeklonge.
- 5 Desember – Frankie Muniz, Amerikaanse akteur.
- 16 November – Sanna Marin, Finse politikus, sedert 10 Desember 2019 Finland se Eerste minister.
- 13 Desember – Ivan Botha, Suid-Afrikaanse akteur en draaiboekskrywer.
- 15 Desember – Desiré Gardner, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 21 Desember – Karlien van Jaarsveld, Afrikaanse sangeres.
Sterftes
- 6 Februarie – James Hadley Chase, Engelse skrywer (*1906).
- 9 Februarie – Nic Potgieter, Afrikaanse skrywer (* 1906).
- 7 April – Carl Schmitt, Duitse politieke filosoof (* 1888.
- 26 April– Cornelis van der Merwe, Suid-Afrikaanse politikus, medikus en kabinetsminister (* 1921).
- 11 Mei – Garmt Stuiveling, Nederlandse digter (* 1907).
- 12 Mei – Jean Dubuffet, Franse skilder en beeldhouer (* 1901).
- 16 Mei – Margaret Hamilton, Amerikaanse aktrise (* 1902).
- 23 Junie – P.K. le Roux, Suid-Afrikaanse politikus (* 1904).
- 10 Julie – Hilgard Muller, Nasionale Party-politikus, burgemeester van Pretoria, minister van buitelandse sake (* 1914).
- 16 Julie – Heinrich Böll, Duitse skrywer, essayis en vertaler (* 1917).
- 22 September – D.J. Opperman, Afrikaanse digter en akademikus (* 1914).
- 2 Oktober – Rock Hudson, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 1 November – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant (* 1911).
- 5 November – Elise Muller, Afrikaanse skrywer (* 1919).
- 5 November – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1919).
- 20 November – Henning Klopper, Suid-Afrikaanse taalstryder en LV (* 1895.
- 20 Desember – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer (* 1902).
- Onbekend – Jan Buys, Suid-Afrikaanse skilder (* 1909)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.