1983
Die jaar 1983 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 83ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1983 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | 1982 | ◄ 1983 ► | 1984 | 1985 | 1986 | 1987 | 1988 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1983 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Gay pride San Francisco 1983 | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 10 Januarie - Die konsep tegnologiese singulariteit word vir die eerste keer geartikuleer deur die wetenskapfiksie skrywer Vernor Vinge in die Omni tydskrif.
- 18 April – 'n Selfmoordbomaanvaller vernietig die Amerikaanse ambassade in Beiroet, Libanon.
- 25 April – Pioneer 10 reis verby Pluto se wentelbaan.
- 20 Mei – In Pretoria sterf agtien mense in die Kerkstraat-bomontploffing en 217 word beseer.
- 9 Junie – Margaret Thatcher word herverkies as Britse Eerste Minister.
- 9–25 Junie – Die 3de Krieketwêreldbeker word in Engeland en Wallis aangebied en deur Indië gewen.
- 13 Junie – Pioneer 10 word die eerste mensgemaakte voorwerp om die sonnestelsel te verlaat.
- 24 Junie – Sally Ride, die eerste Amerikaanse vrou in die ruimte, keer terug na die aarde.
- 5 Augustus – Die skip Castillo de Bellver slaan aan die brand en veroorsaak 'n groot olie-besoedelingsramp aan die Weskus van Suid-Afrika.
- 1 September – Korean Air Vlug 7, 'n handelslugredery-vliegtuig met 246 passasiers en 23 bemanningslede aan boord, word deur 'n Sowjet Soechoi Su-15 vegvliegtuig neergeskiet.
- 19 September – St. Kitts en Nevis word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 23 September – Gerrie Coetzee van Suid-Afrika word die eerste swaargewigbokskampioen vanuit Afrika.
- 10 Oktober – Die Israelse Shamir I-kabinet onder leiding van eerste minister Yitzhak Shamir word geïnstalleer.
- 15 Oktober – Die 1983 Suid-Afrikaanse Grand Prix vind op Kyalami plaas.
- 23 Oktober – Libanese Burgeroorlog: Selfmoordbomaanvallers vernietig twee barrakke in Beiroet, Libanon. 241 Amerikaanse vlootsoldate en 58 Franse valskermsoldate van die internasionale vredesmag sterf.
- 15 November – Die Turkse Republiek van Noord-Siprus verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Siprus.
Geboortes
- 1 Januarie – Shou Zi Chew, Singapoerse sakeman en entrepreneur.
- 8 Januarie – Kim Jong-oen, huidige Noord-Koreaanse staatshoof.
- 18 Januarie – Caroline Wöstmann, Suid-Afrikaanse ultramaraton-atleet.
- 1 Maart – Lupita Nyong'o, Keniaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 4 Maart – Jaque Fourie, Springbokrugbyspeler (senter).
- 10 April – Ryan Merriman, Amerikaanse akteur.
- 13 April – Schalk Burger, Springbokrugbyspeler (flank).
- 20 April – Miranda Kerr, Australiese model en sakevrou.
- 4 Mei – Brad Bufanda, Amerikaanse akteur († 2017).
- 13 Mei – Grégory Lemarchal, Franse sanger († 2007).
- 6 Junie – Joe Rokocoko, oud-All Blackrugbyspeler (vleuel).
- 11 Junie – Wynand Olivier, Springbokrugbyspeler (senter).
- 12 Junie – Anja Rubik, Poolse foto- en loopplankmodel.
- 27 Junie – Dale Steyn, Suid-Afrikaanse oud-toetskrieketspeler.
- 30 Junie – Patrick Wolf, Britse sanger-liedjieskrywer.
- 1 Julie – Izak Davel, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model.
- 10 Julie – Golshifteh Farahani, Iranse aktrise.
- 12 Julie – Bryan Habana, Springbokrugbyspeler (vleuel).
- 15 Julie – Cyril Descours, Franse akteur.
- 20 Julie – Phumzile van Damme, voormalige DA-politikus.
- 22 Julie – Sharni Vinson, Australies-Amerikaanse aktrise.
- 14 Augustus – Mila Kunis, Amerikaanse aktrise.
- 19 Augustus – Reeva Steenkamp, vermoorde Suid-Afrikaanse model († 2013).
- 20 Augustus – Christo Davids, Suid-Afrikaanse akteur.
- 20 Augustus – Andrew Garfield, Amerikaanse akteur.
- 14 September – Amy Winehouse, Britse sangeres en liedjieskrywer († 2011).
- 18 September – Sasha Son, Litause sanger en liedjieskrywer.
- 6 Oktober – Sunette Viljoen, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en krieketspeler.
- 15 Oktober – Bruno Senna, Brasiliaanse F1-renjaer.
- 29 Oktober – Johnny Lewis, Amerikaanse akteur († 2012).
- 21 November – Ronald Lamola, Suid-Afrikaanse prokureur en politikus, Minister van justisie en korrektiewe dienste.
- 14 Desember – Tatum Keshwar, Suid-Afrikaanse model en Mej Suid-Afrika 2008.
- 20 Desember – Lucy Pinder, Engelse fotomodel en aktrise.
Sterftes
- 8 Januarie – Gerhard Barkhorn, Duitse bobaasvlieënier en slegs die tweede vegvlieënier wat meer as 300 vyandige vliegtuie kon neerskiet (* 1919).
- 13 Januarie – Arthur Space, Amerikaanse akteur (* 1909).
- 30 Januarie – Fritz Machlup, Oostenryks-Amerikaanse ekonoom (* 1902).
- 25 Februarie – Tennessee Williams, Amerikaanse dramaturg (* 1911).
- 3 Maart – Hergé, die skepper van die Kuifie reeks kinderstories (* 1907).
- 8 Maart – Sir William Walton, Engelse komponis (* 1902).
- 4 April – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise (* 1899)
- 30 April – George Balanchine, Russiese danser (* 1904).
- 7 Julie – Herman Kahn, Amerikaanse fururis (* 1922).
- 10 Julie – G.D. Scholtz, Suid-Afrikaanse geskiedkundige, skrywer en koerantredakteur. (* 1905).
- 19 Julie – Erik Ode, Duitse akteur (* 1910).
- 25 Julie – M.I. Murray, Afrikaanse lektrise, skrywer en dramaturg (* 1899).
- 29 Julie – David Niven, Britse akteur (* 1910).
- 10 September – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) (* 1915).
- 25 September – Leopold III van België, koning van België (* 1901).
- 26 Oktober – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus (* 1901).
- 4 November – Hendrik Bernardus Thom, 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus (* 1905).
- 2 Desember – Fifi D'Orsay, Amerikaanse aktrise (* 1904).
- 25 Desember – Joan Miró, Spaans-Katalaanse skilder (* 1893).
- Onbekend – Leon Maré, 'n Afrikaanse skrywer en Hertzogpryswenner vir prosa (* 1889).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.