1982
Die jaar 1982 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1982 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | ◄ 1982 ► | 1983 | 1984 | 1985 | 1986 | 1987 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1982 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Leonid Brezjnef en Władysław Gomułka | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 23 Januarie – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas.
- 18 Februarie – Die SAS President Kruger sink nadat dit met die SAS Tafelberg bots met verlies van 16 seemanne.
- 14 Maart - 'n Bom ontplof in die ANC se kantore in Londen.
- 20 Maart – Tydens 'n vergadering van tussen 7 000 en 8 000 mense in Pretoria word Suid-Afrika se Konserwatiewe Party in die lewe geroep.
- 2 April – Argentinië val die Britse Falkland-eilande aan.
- 23 April – Die ZX Spectrum 8-bis persoonlike rekenaar word vrygestel deur Sinclair Research Ltd. [1]
- 25 April – Israel voltooi onttrekking uit Sinai volgens die Camp David-akkoord.
- 2 Mei – Die HMS Conqueror sink die Argentynse skip ARA General Belgrano gedurende die Falkland-oorlog.
- 30 Mei – Spanje betree die NAVO.
- 6 Junie – Israel val Libanon binne.
- 13 Junie-11 Julie – Die twaalfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Spanje gespeel, wat deur Italië gewen word.
- 14 Junie – Einde van die Falklandoorlog.
- 21 Junie – John Hinckley, sluipskutter van Ronald Reagan, onskuldig bevind weens kranksinnigheid.
- Julie – Die Epson HX-20 skootrekenaar word bekendgestel.
- 17 Augustus - Die anti-apartheidsaktivis Ruth First sterf in Maputo toe 'n briefbom in haar kantoor ontplof.
- 29 Oktober – Lindy Chamberlain word in Australië skuldig bevind aan moord op haar nege-week-oue babadogter nadat 'n jurie haar bewering dat 'n Dingo die baba gevat het, verwerp.
- 7 Desember – Veroordeelde moordenaar Charlie Brooks word die eerste Amerikaanse gevangene om deur middel van 'n dodelike inspuiting om die lewe gebring te word.
- 8 Desember – Die Desember-moorde vind in Suriname plaas.
Geboortes
- 2 Januarie – Ricky Januarie, Springbokrugbyspeler.
- 9 Januarie – Catherine, Hertogin van Cambridge, Britse prinses.
- 25 Januarie – Noemi, Italiaanse sangeres-liedjieskryfster en musikant.
- 26 Februarie – Li Na, Chinese beroepstennisspeler.
- 28 Februarie – Nádine, Suid-Afrikaanse ligte sangeres.
- 5 Maart – Nadia Valvekens, Suid-Afrikaanse sepie- en rolprentaktrise.
- 8 Maart – Marjorie Estiano, Brasiliaanse aktrise en sangeres-liedjieskryfster.
- 17 Maart – Steven Pienaar, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 18 Maart – Timo Glock, Duitse F1- en motorrenjaer.
- 24 Maart – Fourie du Preez, Suid-Afrikaanse rugbyspeler, oud-Springbok.
- 9 April – Jay Baruchel, Kanadese akteur, skrywer, en regisseur.
- 19 April – Cassandra Lee Morris, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 30 April – Kirsten Dunst, Amerikaanse aktrise.
- 10 Junie – Stuart Berry, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 11 Junie – Jacques Freitag, Suid-Afrikaanse hoogspringatleet.
- 14 Junie – Lang Lang, Chinese konsertpianis.
- 21 Junie – William, Prins van Wallis, Britse prins.
- 21 Junie – Jared Padalecki, Amerikaanse akteur.
- 23 Junie – Kirsten Neuschäfer, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat spesialiseer in hoë breedtegraad en avontuurvaart.
- 8 Julie – Zak Hendrikz Suid-Afrikaanse akteur, toneelregisseur en skrywer.
- 18 Julie – Priyanka Chopra, Indiese aktrise, vervaardiger, model en Mej. Wêreld 2000.
- 11 September – Svetlana Tichanovskaja, Belarussiese politieke aktivis.
- 23 September – Bevin Prince, Amerikaanse aktrise.
- 7 Desember – Tasneem Motara, Suid-Afrikaanse politikus.
Sterftes
- 5 Januarie – Hans Conried, Amerikaanse akteur (* 1917).
- 2 Februarie – Stephanus du Toit, predikant en hoogleraar van die Gereformeerde Kerk (* 1905).
- 17 Februarie – Thelonious Monk, Amerikaanse jazzpianis en -komponis († 1917)
- 6 Maart – Ayn Rand, Amerikaanse skryfster en filosoof (* 1905).
- 8 Mei – Gilles Villeneuve, Kanadese Formule-1 renjaer (* 1950).
- 16 Mei – Tiya Sircar, Amerikaanse aktrise.
- 29 Mei – Romy Schneider, Oostenrykse aktrise (* 1938).
- 16 Julie – Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika (* 1894).
- 28 Julie – Coert Steynberg, ’n internasionaal-bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper (* 1905).
- 12 Augustus – Henry Fonda, Amerikaanse akteur (* 1905).
- 17 Augustus – Ruth First sterf toe sy 'n briefbom oopmaak wat vir haar man, Joe Slovo bedoel was (* 1928)
- 20 Augustus – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1906).
- 21 Augustus – Sobhuza II (83), Paramount Chief (Opperhoofman) van Swaziland, later koning van Swaziland (* 1899).
- 29 Augustus – Ingrid Bergman, Sweedse aktrise (* 1915).
- 1 September – Władysław Gomułka, Poolse politikus (* 1905).
- 5 September – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. (* 1910).
- 14 September – Prinses Grace van Monaco - beserings as gevolg van 'n motorongeluk (* 1929).
- 14 September – Christian Ferras, Franse violis (* 1933).
- 18 Oktober – Sias Reinecke, Afrikaanse sanger en lid van die sanggroep Groep Twee (* 1940).
- 1 November – James Broderick, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 5 November – Albert Hertzog, 'n Suid-Afrikaanse politikus (* 1899).
- 10 November – Leonid Brezjnef, Leier van die Sowjetunie (* 1906).
- 23 November – Adoniran Barbosa, Brasiliaanse komponis, sanger, kitaarspeler en akteur (* 1910).
- 28 November – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer (* 1917).
- 29 November − Paolo Monti, Italiaanse fotograaf (* 1908).
- 18 Desember – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier (* 1916).
- 20 Desember – Arthur Rubinstein, Poolse pianis (* 1887).
Verwysings
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1982. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.