1952
Die jaar 1952 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 52ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
1952 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1947 | 1948 | 1949 | 1950 | 1951 | ◄ 1952 ► | 1953 | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1952 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Evita Perón | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Die eerste uraan-aanleg in Suid-Afrika word in Krugersdorp aan die Wes-Rand geopen.
- 14-25 Februarie – Die sesde Olimpiese Winterspele word in Oslo, Noorweë, aangebied.
- 18 Februarie – Griekeland en die Turkye sluit aan by die NAVO.
- 28 April – Die Amerikaanse besetting van Japan eindig.
- 2 Mei – Die eerste kommersiële straalvliegtuig, die Comet, word in diens geneem deur BOAC.
- 19 Julie-23 Augustus – Die 15de Olimpiese Somerspele word in Helsinki, Finland, aangebied.
- 28 Julie – Pakistan word 'n volle lid van die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR).
- 11 September – Eritrea verkry onafhanklikheid van Britse administrasie.
- 4 November – Dwight Eisenhower verslaan sy teenstander van die Demokratiese Party in die presidentsverkiesing in die V.S.A.
- 6 November – Amerika se eerste waterstofbom ontplof oor die Stille Oseaan, te Eniwetok Atoll.
- 20 Desember – Die tweede selakant word by Anjouan in die Comore-eilande gevang.
Geboortes
- 7 Januarie – Jurinus Janse van Rensburg, voormalige Suid-Afrikaanse Geneesheergeneraal.
- 20 Januarie – Irina Allegrowa, Russies-Armeense sangeres.
- 23 Januarie – Omar Henry, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 9 Februarie – Johan Stemmet, liedjieskrywer, musiekkenner en televisieaanbieder.
- 14 Februarie – Anton Lesser, Engelse akteur.
- 17 Februarie – Garry Chalk, Engelse akteur.
- 19 Februarie – Abraham Erasmus van Wyk, Suid-Afrikaanse planttaksonoom.
- 6 Maart – Chris Burger, heelagter van die Westelike Provinsie, wat gesterf het na 'n nekbesering († 1980).
- 11 Maart – Wannie Carstens, Afrikaanse taalkundige en skrywer.
- 18 Maart – Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese politikus († 2018).
- 29 Maart – Bola Tinubu, Nigeriese president.
- 1 April – Bernard Stiegler, Franse filosoof († 2020).
- 13 April – Kerneels Breytenbach, Afrikaanse skrywer.
- 22 April – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise († 2009).
- 1 Mei – Pierre van Pletzen, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 2 Mei – Christine Baranski, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 11 Mei – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2012).
- 12 Mei – Membathisi Mdladlana, Suid-Afrikaanse politikus, hoëkommissaris in Kanada.
- 2 Junie – Nomaindia Mfeketo, Suid-Afrikaanse politikus.
- 4 Junie – Bronisław Komorowski, president van Pole.
- 15 Junie – Dirceu José Guimarães, Brasiliaanse sokkerspeler († 1995).
- 18 Junie – Idriss Déby, president van Tsjaad († 2021).
- 21 Junie – Gregory David Roberts, Australiese skrywer.
- 23 Junie – Robert D. Kaplan, Amerikaanse skrywer oor buitelandse beleid.
- 28 Junie – Elize Cawood, Suid-Afrikaanse aktrise († 2020).
- 1 Julie – Dan Aykroyd, Amerikaanse skrywer, akteur, en vervaardiger.
- 3 Julie – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen († 2020).
- 4 Julie – Álvaro Uribe Vélez, president van Colombia.
- 4 Julie – John Waite, Britse sanger.
- 6 Julie – Hilary Mantel, Engelse skryfster († 2022).
- 15 Julie – Celia Imrie, Engelse aktrise.
- 17 Julie – David Hasselhoff, Amerikaanse akteur.
- 22 Julie – Lucas Maree, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2011).
- 29 Julie – Patrick Soon-Shiong, Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingchirurg, filantroop en miljardêr-sakeman.
- 5 Augustus – Hun Sen, Kambodjaanse politikus, sedert 1985 premier van Kambodja.
- 12 Augustus – Charlie Whiting, Britse Formule 1 en motorsportadministrateur († 2019).
- 17 Augustus – Nelson Piquet (snr), Brasiliaanse Formule Eenrenjaer en driemalige wêreldkampioen.
- 2 September – Regardt van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 2 September – Jimmy Connors, Amerikaanse tennisspeler.
- 11 September – Jani Allan, Suid-Afrikaanse joernalis en radiokommentator († 2023).
- 16 September – Karen Muir, Suid-Afrikaanse kampioenswemmer, jongste persoon om 'n swemwêreldrekord op te stel († 2013).
- 20 September – Marian Tredoux, Suid-Afrikaanse geoloog († 2019).
- 25 September – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur en rolprentregisseur († 2004).
- 30 September – Jack Wild, Britse akteur en sanger († 2006).
- 5 Oktober – Imran Khan, Pakistanse oud-krieketspeler en 22ste Eerste Minister van Pakistan.
- 7 Oktober – Wladimir Poetin, president en premier van Rusland.
- 12 Oktober – Sally Little, Amerikaanse gholfspeler, Suid-Afrikaans van geboorte.
- 14 Oktober – Harry Anderson, Amerikaanse akteur en skrywer († 2018).
- 16 Oktober – Touriya Jabrane, Marokkaanse teaterregisseur, aktrise en politikus († 2020).
- 23 Oktober – Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer.
- 27 Oktober – Brigitte Engerer, Franse pianis († 2012).
- 31 Oktober – Danie Niehaus, Suid-Afrikaanse sanger.
- 2 November – Larry Fink, Amerikaanse miljardêr-sakeman.
- 3 November – Roseanne Barr, Amerikaanse aktrise, komediante.
- 17 November – Cyril Ramaphosa, Suid-Afrikaanse sakeman, politikus en vyfde President van Suid-Afrika.
- 17 November – Freek Robinson, Suid-Afrikaanse joernalis en TV-aanbieder.
- 17 November – Hubert von Goisern, Oostenrykse sanger, liedjieskrywer en wêreldmusikant.
- 1 Desember – Sonja Herholdt, Suid-Afrikaanse sangeres.
- 3 Desember – Mel Smith, Britse skrywer, akteur en regisseur († 2013).
- 8 Desember – Patrick McKenzie, Suid-Afrikaanse politikus uit die bruin gemeenskap.
- 14 Desember – Koos Bekker, Suid-Afrikaanse mediamagnaat.
Sterftes
- 6 Februarie – Koning George VI van die Verenigde Koninkryk (* 1895).
- 11 Junie – Frank Brownlee, magistraat in die Transkei en volksverhaal skrywer (* 1876)
- 27 Junie – Elmo Lincoln, Amerikaanse akteur (* 1889).
- 26 Julie – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón (* 1919).
- 21 Oktober – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener (* 1871).
- 26 Oktober – Hattie McDaniel, Amerikaanse aktrise en die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen (* 1895).
- 9 November – Chaim Weizmann, Brits-Israelse biochemikus en politikus (president van Israel) (* 1874).
- 20 November – Benedetto Croce, Italiaanse filosoof, historikus, literatuurkritikus en politikus (* 1866).
- 21 November – Henriette Roland Holst, Nederlandse digteres (* 1869).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.