1940
Die jaar 1940 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 40ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
1940 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1935 | 1936 | 1937 | 1938 | 1939 | ◄ 1940 ► | 1941 | 1942 | 1943 | 1944 | 1945 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1940 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Rotterdam na die bombardement van Mei 1940 | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- J.B.M. Hertzog bedank uit die politiek na kortstondige samewerking met die Nasionaliste.
- Stigting van Suid-Afrika se Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie (NOK)
- 7 Januarie – Tydens die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie kom die Sweedse Vrywilligerlugmag te staan teen 12 vegvliegtuie, 5 bomwerpers en 8 ander vliegtuie.
- 29 Februarie – Hattie McDaniel word die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen.
- 9 April – Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland val Denemarke en Noorweë in.
- 15 April – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes begin hul aanval op die Noorweegse dorp Narvik.
- 25 April – Tweede Wêreldoorlog: Met “Operation demon” begin die Verenigde koninkryk Griekeland ontruim.
- 10 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland val België, Nederland, en Luxemburg binne.
- 13 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland se inval van Frankryk begin toe die Duitse weermag die Meuserivier oorsteek.
- 15 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Nederland (uitgesonder die provinsie Zeeland) kapituleer teen Duitsland.
- 24 Mei – Igor Sikorsky voer die eerste suksesvolle enkelrotor helikopter-vlug uit.
- 25 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Duinkerken begin.
- 28 Mei – Tweede Wêreldoorlog: België kapituleer voor Duitsland.
- 4 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Duinkerken word beëindig met 'n Duitse taktiese oorwinning. 338000 Britse troepe word uit Duinkerken in Frankryk ontruim. Winston Churchill lewer sy beroemde "We shall fight on the beaches" toespraak.
- 9 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Pantserbrigade van Erwin Rommel steek die Seine-rivier oor.
- 10 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen Frankryk en Engeland.
- 14 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Eerste gevangenes arriveer in Auschwitz-konsentrasiekamp.
- 16 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Estland word deur die Sowjetunie beset.
- 17 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjetunie beset Letland.
- 20 Junie – Tweede Wêreldoorlog: ’n Nuwe regering word gevorm in Letland nadat die Rooi Leër die land beset het.
- 21 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk kapituleer voor Duitsland.
- 22 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Maarskalk Phillippe Pétain teken die wapenstilstand met Duitsland en vestig die Vichy-regering.
- 24 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk en Italië teken ’n wapenstilstand.
- 31 Oktober – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag om Brittanje eindig. Die Verenigde Koninkryk keer hiermee dat Duitsland Groot-Brittanje oorneem.
- 5 November – Franklin D. Roosevelt wen die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste president van Amerika vir ’n derde ampstermyn.
- 7 November – Die middelste deel van die Tacoma Narrowsbrug in Tacoma, Washington-deelstaat, stort ineen tydens 'n windstorm.
Geboortes
- 2 Januarie – Louise Smit, Suid-Afrikaanse skrywer van kinderboeke en kindertelevisieprogramme.
- 4 Januarie – Helmut Jahn, Duits-Amerikaanse argitek († 2021).
- 12 Januarie – Bob Hewitt, Australiese en Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 17 Januarie – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay († 2020).
- 19 Januarie – Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus.
- 21 Januarie – Sarah du Pisanie, Afrikaanse skrywer van liefdesromans.
- 31 Januarie – Albie Venter, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger († 1990).
- 9 Februarie – J.M. Coetzee, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 12 Februarie – Ralph Bates, Britse akteur († 1991).
- 27 Februarie – Howard Hesseman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 28 Februarie – Mario Andretti, Italiaans-gebore Amerikaanse beroepsrenjaer.
- 29 Februarie – Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I van Konstantinopel
- 2 Maart – Frederik van Zyl Slabbert, Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en sakeman († 2010).
- 8 Maart – Frederick Brownell, Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog; ontwerper van beide die vlae van Namibië en Suid-Afrika († 2019).
- 10 Maart – Chuck Norris, Amerikaanse akteur en rolrentvervaardiger.
- 15 Maart – Haas Schoeman, Springbokflank († 2006).
- 25 Maart – Anita Bryant, Amerikaanse vermaaklikheidskunstenaar.
- 26 Maart – James Caan, Amerikaanse akteur († 2022).
- 26 Maart – Nancy Pelosi, Amerikaanse politikus.
- 30 Maart – Astrud Gilberto, Brasiliaans-Amerikaanse sangers.
- 2 April – Penelope Keith, Engelse aktrise.
- 3 April – Pieter Fourie, Afrikaanse drama skrywer († 2021).
- 4 April – Bijan (volle naam: Bijan Pakzad), Irans-Amerikaanse mode- en fyngeurontwerper († 2011).
- 12 April – Herbie Hancock, Amerikaanse pianis, komponis, en akteur.
- 15 April – Penny Coelen, eerste Suid-Afrikaner wat die Mej. Wêreldtitel verower.
- 16 April – Margrethe II, koningin van Denemarke.
- 23 April – Sias Reinecke, Afrikaanse sanger en lid van Groep Twee († 1982).
- 25 April – Al Pacino, Amerikaanse akteur.
- 28 April – Anne Rasa, Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en etoloog († 2020)
- 30 April – Burt Young, Amerikaanse akteur (s. 2023).
- 13 Mei – Bruce Chatwin, Engelse reis- en romanskrywer († 1989).
- 24 Mei – Joseph Brodsky, Russies-Amerikaanse digter en essayis († 1996).
- 1 Junie – René Auberjonois, Amerikaanse akteur († 2019).
- 2 Junie – Konstantyn II, koning van Griekeland van 1964 tot 1974 († 2023).
- 8 Junie – Nancy Sinatra, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 15 Junie – Zubaida Tharwat, Egiptiese aktrise († 2016).
- 23 Junie – Wilma Rudolph, Amerikaanse atleet († 1994).
- 10 Julie – Dawie de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus en twee-en-dertigste Springbokkaptein († 2022).
- 13 Julie – Jeanne Goosen, Suid-Afrikaanse skryfster († 2020).
- 22 Julie – Vera Tschechowa, Duitse aktrise († 2024).
- 30 Julie – Clive Sinclair, Britse uitvinder en entrepreneur.
- 3 September − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige († 2017).
- 5 September − Raquel Welch, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2023).
- 19 September – Zandra Rhodes, Britse modeontwerpster.
- 26 September – Christian Hjejle, Deense akteur († 2022).
- 7 Oktober – Stephen Kovacevich, Amerikaanse dirigent.
- 9 Oktober – John Lennon, Britse musikant († 1980).
- 9 Oktober – Manto Tshabalala-Msimang, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en politikus († 2009).
- 23 Oktober – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye († 2022).
- 26 Oktober – John D. Caputo, Amerikaanse filosoof.
- 29 Oktober – Frida Boccara, Franse sangeres († 1996).
- 25 November – Percy Sledge, Amerikaanse sanger († 2015).
- 27 November – Bruce Lee, Chinees-Amerikaanse filmakteur, bekend vir sy Oosterse gevegskuns († 1973).
- 8 Desember – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese († 2020).
- 10 Desember – Libertina Amathila (née Appolus), Namibiese dokter en politikus.
- 12 Desember – Abe Williams, Suid-Afrikaanse oud-politikus.
- 13 Desember – Carol Locatell, Amerikaanse aktrise († 2023).
- 21 Desember – Frank Zappa, Amerikaanse rockmusikant en komponis († 1993).
- 24 Desember – Sharon Farrell, Amerikaanse aktrise († 2023).
- 26 Desember – Marzanne Leroux-Van der Boon, Afrikaanse skrywer († 2022).
Sterftes
- 21 Januarie – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording (* 1872).
- 16 Maart – Selma Lagerlöf, Sweedse skryfster en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1909 (* 1858).
- 10 Mei – Paul de Groot, Suid-Afrikaanse beroepsakteur (* 1878).
- 14 Mei – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1859).
- 14 Mei – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer (* 1899).
- 14 Mei – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis (* 1869).
- 14 Mei – Menno ter Braak, Nederlandse modernistiese skrywer (* 1902).
- 3 Junie – Hagar Brown, ontvoeringsslagoffer, taxi-eienaar en slagoffer van die Duitse Nazi-bewind se mediese eksperimente (* 1889).
- 18 Augustus – Walter Chrysler, Amerikaanse nyweraar, pionier van die motorbedryf. (* 1875).
- 24 Augustus – John Stephen Curlewis, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1863).
- 22 September – István Thomán, Hongaarse klaviervirtuoos en musiekonderwyser.(* 1862).
- 27 September – Walter Benjamin, Duits-Joodse Marxistiese kultuurfilosoof. (* 1892).
- 14 Oktober – Anje Hendriks Strik, moeder van Hendrik Verwoerd (* 1873).
- 9 November – Neville Chamberlain, Britse politikus (* 1869).
- 18 Desember – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise (* 1875).
- 20 Desember – Manie Maritz, boeregeneraal en leier in die Rebellie van 1914 (* 1876).
- 21 Desember – F. Scott Fitzgerald, Amerikaanse skrywer (* 1896)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.