1922
Die jaar 1922 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 22ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1922 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1917 | 1918 | 1919 | 1920 | 1921 | ◄ 1922 ► | 1923 | 1924 | 1925 | 1926 | 1927 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1922 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Spaanse slagting in die Marokkaanse Rif | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 9 Januarie – 'n Staking deur sowat 22,000 werkers in goudmyne aan die Witwatersrand begin.
- 6 Februarie – Pous Pius XI volg Pous Benedictus XV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 6 Februarie – Frankryk, Italië, Japan, die Verenigde Koninkryk, en die VSA teken die Washington Vlootooreenkoms om die vlootwapenwedloop in toom te hou.
- 22 Februarie – Egipte word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 5 Mei – Konstruksie begin aan die Yankee-stadion in The Bronx.
- 29 Junie – Frankryk vergun 100 hektaar by Vimy Ridge "vrylik en vir altyd, aan die regering van Kanada, vir die gratis gebruik van die grond kwytgeskeld van alle belasting".
- 11 September – Die Britse Mandaat van Palestina neem 'n aanvang.
- 13 September – Hoogste temperatuur gemeet: 58 °C (opgeteken in al-Aziziyal in Libië).
- 18 Oktober – ’n Konsortium stig die British Broadcasting Company om 'n netwerk van radiosenders te vestig om 'n nasionale uitsaaidiens in die Verenigde Koninkryk daar te stel.
- 1 November – Die Ottomaanse Ryk kom tot ’n einde toe die laaste sultan, Mehmet VI, abdikeer.
- 4 November – Die Britse argeoloog Howard Carter en sy werkers vind die ingang tot Koning Toetankamen se graf in die Vallei van die Konings in Egipte.
- 22 Desember – Die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (Sowjetunie) word gestig.
- Spaanse magte rig 'n bloedbad aan onder die Berbers van die Marokkaanse Rif.
- Switserland het 130 000 werkloses wat saam met hulle ´n vyfde van die totale bevolking van Switserland uitmaak.
Geboortes
- 17 Januarie – Betty White, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2021).
- 18 Januarie – Dr. F.I.J. van Rensburg, Afrikaanse akademikus en literêre kritikus († 2015).
- 6 Februarie – Patrick Macnee, Brits-Amerikaanse akteur († 2015).
- 12 Februarie – Hussein Onn, Maleisiese Eerste Minister 1976–1981 († 1990).
- 15 Februarie – Herman Kahn, Amerikaanse futuris († 1983).
- 28 Februarie – Jan van der Merwe, Suid-Afrikaanse wiskundige en fisikus († 2016).
- 12 Maart – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer († 1969).
- 20 Maart – Carl Reiner, Amerikaanse akteur en komediant († 2020).
- 21 Maart – Russ Meyer, Amerikaanse vervaardiger van seksfilms, pionier van die porno-industrie († 2004).
- 26 Maart – Hennie Muller, Suid-Afrika se se twee-en-twintigste Springbokkaptein († 1977).
- 3 April – Doris Day, Amerikaanse sangeres, aktrise en dieregteaktivis († 2019).
- 5 April – Gale Storm, Amerikaanse sangeres/aktrise († 2009).
- 11 April – Pierre Wack, die eerste persoon om die gebruik van scenariobeplanning in die private sektor te ontwikkel († 1997).
- 18 April – Barbara Hale, Amerikaanse aktrise († 2017).
- 19 April – Erich Hartmann, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1993).
- 20 April – Klaas Steytler, Suid-Afrikaanse skrywer († 1998)
- 21 April – Alistair Stuart MacLean, Skotse skrywer van populêre rillers en avontuurverhale († 1987)
- 22 April – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van Truk († 2006).
- 22 April – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis († 1979).
- 27 April – Jack Klugman, Amerikaanse akteur († 2012).
- 29 April – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler († 2016).
- 5 Mei – Elize Botha, Suid-Afrikaanse presidentsvrou († 1997).
- 5 Mei – Fanie Botha, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Waterwese en Bosbou († 2010).
- 6 Mei – Miems de Bruyn, Afrikaanse aktrise († 2010).
- 8 Mei – Max Mangold, Duitse professor in fonetiek, fonologie en algemene linguistiek († 2015).
- 9 Mei – Marcel Boiteux, Franse ekonoom, wiskundige en senior staatsdienslid wat as die "argitek van die Franse kernprogram” bekendgestaan het († 2023).
- 13 Mei – Bea Arthur, Amerikaanse aktrise († 2009).
- 16 Mei – Otmar Suitner, Oostenrykse dirigent († 2010).
- 17 Mei – Stephanus Francois Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Plurale Ontwikkeling († 2005).
- 18 Mei – Bill Macy, Amerikaanse akteur († 2019).
- 27 Mei – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer († 2015).
- 2 Junie – Carmen Silvera, Britse aktrise († 2002).
- 7 Junie – Hubert du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis en pianis († 2011).
- 4 Julie – Kristo Pienaar, Suid-Afrikaanse plantkundige, skrywer, akteur en TV-aanbieder († 1996).
- 10 Junie – Judy Garland, Amerikaanse sangeres en aktrise († 1969).
- 13 Junie – Etienne Leroux, Afrikaanse skrywer († 1989).
- 10 Julie – Jake LaMotta, Amerikaanse bokser († 2017).
- 18 Julie – Thomas Kuhn, Amerikaanse akademikus († 1996).
- 21 Julie - Mollie Sugden, Britse aktrise († 2009).
- 23 Julie – Stefans Grové, Suid-Afrikaanse klassieke komponis († 2014).
- 9 Augustus – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder († 2004).
- 27 Augustus – Cate Bauer, Engelse aktrise.
- 18 September – Schalk van der Merwe, Suid-Afrikaanse chirurg en politikus († 1984).
- 26 September – Henriette Grové, Afrikaanse skrywer († 2009).
- 26 September – Nikolaas Romanowitsj Romanof, Russiese prins († 2014).
- 29 September – Esther Brand, Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese goue- medaljewenner († 2015).
- 5 Oktober – Milla Louw, Afrikaanse aktrise en stemafrigter († 2012).
- 19 Oktober – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer († 2020).
- 31 Oktober – Barbara Bel Geddes, Amerikaanse aktrise († 2005).
- 2 November – Jaap Marais, leier van die Afrikanernasionalisties gesinde Herstigte Nasionale Party († 2000).
- 8 November – Christiaan Barnard, Suid-Afrikaanse hartchirurg († 2001).
- 9 November – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof († 1974).
- 11 November – Kurt Vonnegut, Amerikaanse skrywer († 2007).
- 14 November – Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 2016).
- 20 Desember – Charita Bauer, Amerikaanse aktrise (* 1985).
- 24 Desember – Ava Gardner, Amerikaanse aktrise (* 1990).
- 28 Desember – Stan Lee, medestigter van die Marvel-strokiesprentboeke († 2018).
Sterftes
- 13 Januarie – C.P. Hoogenhout, een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners (* 1843).
- 22 Januarie – Pous Benedictus XV, die 258ste Pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1854).
- 3 Februarie – Christiaan de Wet, Suid-Afrikaanse generaal en politikus (* 1854).
- 8 Februarie – Koos Sas, Suid-Afrikaanse misdadiger (* onbekend).
- 1 April – Karel I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk-Hongarye (* 1887).
- 26 Junie – Albert I van Monaco (* 1848).
- 2 Augustus – Alexander Graham Bell, Skotse wetenskaplike en uitvinder (* 1847).
- 17 Augustus – Jacob van Deventer, Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder (* 1877).
- 24 Oktober – George Cadbury, 'n Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het (* 1839).
- 18 November – Marcel Proust, Franse skrywer, kritikus en essayis (* 1871).
- 17 Desember – Ds. Abraham Isaac Steytler, invloedryke leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1840)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.