18 September
18 September is die 261ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (262ste in skrikkeljare). Daar volg nog 104 dae.

Winnie Mandela aangekla vir aanranding, menseroof en moord op Stompie Moeketsi.
<< | September 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
Gebeure
- 1180 – Filips II Augustus word koning van Frankryk.
- 1227 – Pous Gregorius IX maak Goffredo de Castiglione (later Pous Celestinus IV) kardinaal van Sint Markus.
- 1366 – Pous Urbanus V stel sy broer Anglic de Grimoard, Guillaume Sudre en Marco Viterbe aan as kardinaal.
- 1467 – Pous Paulus II stel agt nuwe kardinale aan waaronder sy neef Marco Barbo en Francesco della Rovere (later Pous Sixtus IV).
- 1502 – Christophorus Columbus sit voet aan wal by Costa Rica tydens sy vierde, en laaste, ontdekkingsreis.
- 1505 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word tot biskop gewy.
- 1860 – Die pouslike Zouave word verslaan by Castelfidardo.
- 1858 – Giuseppe Sarto (later Pous Pius X) word priester gewy.
- 1931 – Die Mantsjoerye-insident vind plaas.
- 1945 – Die grootste droogdok in die Suidelike Halfrond word in die Tafelbaaise hawe geopen.
- 1961 – Die Konfederasie vir Noord-, Sentraal-Amerikaanse en Karibbiese Sokker word in Meksikostad, Meksiko, deur lidlande van die NAFC en die CCCF gestig.
- 1990 – Winnie Mandela, soos destyds bekend, word aangekla weens aanranding en menseroof in die ontvoering van en beweerde moord op die 14-jarige aktivis Stompie Moeketsi.
- 2015 – Die agtste Rugbywêreldbeker begin in Engeland en Wallis.
Geboortes
- 53 – Trajanus, Romeinse keiser († 117).
- 1060 – Godfried van Bouillon, leier van die Eerste Kruistog en heerser van die Koningkryk van Jerusalem († 1100)
- 1709 – Samuel Johnson, Engelse skrywer, digter, moralis, literatuurkritikus, biograaf, redakteur en leksikograaf († 1784).
- 1765 – Bartolomeo Alberto Cappellari, (later Pous Gregorius XVI), die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1846).
- 1819 – Léon Foucault, Franse fisikus († 1868).
- 1871 – Ferdie Aston, Suid-Afrika se vierde Springbokkaptein († 1926).
- 1905 – Greta Garbo, Sweedse aktrise († 1990).
- 1920 – Jack Warden, Amerikaanse akteur († 2006).
- 1922 – Schalk van der Merwe, Suid-Afrikaanse chirurg en politikus († 1984).
- 1933 – Robert Blake, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1937 – Ivy Matsepe-Casaburri, Suid-Afrikaanse politikus († 2009).
- 1939 – Fred Willard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2020).
- 1954 – Steven Pinker, Kanadese-Amerikaanse taalkundige, eksperimentele sielkundige en skrywer van wetenskaplike boeke.
- 1971 – Lance Armstrong, Amerikaanse professionele renfietsryer.
- 1971 – Jada Pinkett Smith, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1973 – Mark Shuttleworth, Suid-Afrikaansgebore Britse entrepreneur.
- 1980 – Francois van Coke, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 1983 – Sasha Son, Litause sanger en liedjieskrywer.
- 1993 – Zozibini Tunzi, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, wenner van die Mej. Suid-Afrika- en Mej. Heelal 2019-kompetisies.
Sterftes
- 887 – Pietro I Candiano (43), 16de Doge van Venesië in 887.
- 1761 – Joachim Nikolaus von Dessin, grondlegger van die Suid-Afrikaanse openbare biblioteek (* 1704)
- 1783 – Leonhard Euler, Switserse wiskundige (* 1707).
- 1961 – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1905).
- 1967 – Sir John Cockcroft, Britse wetenskaplike (* 1897).
- 1970 – Jimi Hendrix, Amerikaanse popster (* 1942).
- 2004 – Russ Meyer, Amerikaanse vervaardiger van seksfilms, pionier van die porno-industrie (* 1922).
- 2016 – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant (* 1978).
- 2019 – Graeme Gibson, Kanadese skrywer (* 1934).
- 2020 – Ruth Ginsburg, Amerikaanse advokaat en een van nege regters van die Verenigde State se Hooggeregshof (* 1933).
- 2020 – John Napier Turner, Kanadese prokureur en politikus, eerste minister van Kanada in 1984 (* 1929).
- 2020 – Stephen F. Cohen, Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland (* 1938).
- 2020 – Danny Titus, Suid-Afrikaanse regsman, taalaktivis en historikus (* 1957).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Gepubliseer
Teologie
- 1437 – Doctoris gentium - met aankondiging van 'n nuwe konsilie in Ferrara - deur Pous Eugenius IV.
- 1840 – Probe Nostis - Oor die voortplanting van die geloof - deur Pous Gregorius XVI.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 September. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.