18 Junie
18 Junie is die 169ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (170ste in skrikkeljare). Daar volg nog 196 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | |
Al die dae |
Gebeure
- 1429 – Johanna van Arkel lei die Franse troepe teen die Engelse in Patay, Frankryk.
- 1452 – Pous Nicolaas V publiseer die bul Dum Diversas wat slawehandel goedkeur.
- 1464 – Weens die swak belangstelling van die Europese vorste besluit Pous Pius II om self op kruistog te gaan. Hy stel kardinaal Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III) as administrateur van die kerklike staat.
- 1690 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word tot biskop gewy deur kardinaal Flavio Chigi.
- 1792 – Pous Pius VI stel Giovanni Battista Caprara, titulêr aartsbiskop van Iconio, aan as kandidaat.
- 1812 – Die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 begin.
- 1815 – Napoleon word verslaan by Waterloo.
- 1827 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) sluit 'n konkordaat met koning Willem I van Nederland om die regte van Katolieke in die Lae Lande te bevestig.
- 1873 – Vroueregte-aktivis Susan B. Anthony word $100 beboet vir haar poging om aan die 1872 VSA presidensiële verkiesing deel te neem.
- 1979 – SALT II geteken deur Jimmy Carter en Leonid Brezjnef.
- 1983 – Eerste Amerikaanse vrou in die ruimte: Sally Ride.
- 2017 – Pakistan wen die eindstryd van die agtste Kampioenetrofee in Engeland en Wallis met 180 lopies teen Indië.
- 2019 – Facebook kondig formeel die beplande toekomstige loodsing van 'n kriptogeldeenheid Libra aan.
- 2023 – Die Titan, 'n onderwatervaartuig wat deur OceanGate bedryf was, het vermis geraak naby die wrak van die RMS Titanic in internasionale waters in die Noord-Atlantiese Oseaan.
Geboortes
- 1332 – Johannes V Palaiologos, Bisantynse keiser († 1391)
- 1802 – Hercules Crosse Jarvis, derde burgemeester van Kaapstad († 1889).
- 1901 – Llewellyn Rees, Engelse akteur († 1994).
- 1903 – Jeanette MacDonald, Amerikaanse aktrise en sangeres († 1965)
- 1908 – Bud Collyer, Amerikaanse akteur († 1969).
- 1908 – Nedra Volz, Amerikaanse aktrise († 2003).
- 1910 – Dick Foran, Amerikaanse akteur en sanger († 1979).
- 1910 – Avon Long, Amerikaanse akteur en sanger († 1984).
- 1912 – Glenn Morris, Amerikaanse atleet († 1974).
- 1914 – E. G. Marshall, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1916 – Margaretha Lategan Spies, Suid-Afrikaanse onderwyseres en voormalige hoof van die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein († 2022).
- 1917 – Richard Boone, Amerikaanse akteur en sanger († 1981).
- 1920 – Aster Berkhof, Vlaamse skrywer († 2020).
- 1927 – Paul Eddington, Engelse akteur († 1995).
- 1929 – Jürgen Habermas, 'n Duitse filosoof en sosioloog.
- 1931 – Fernando Henrique Cardoso, Brasiliaanse sosioloog, politikus en 34ste President van Brasilië
- 1932 – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse besigheidsman, sportadministrateur († 2013).
- 1934 – Wilf Rosenburg, 'n Springbokrugbyspeler († 2019).
- 1936 – Ronald Venetiaan, Surinaamse politikus, 6de President van Suriname.
- 1942 – Thabo Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en tweede President van Suid-Afrika (1999–2008).
- 1942 – Hans Vonk, Nederlandse dirigent († 2004).
- 1942 – Sir Paul McCartney, een van die Beatles.
- 1942 – Roger Ebert, Amerikaanse joernalis en skrywer († 2013).
- 1946 – Bruiser Brody, Amerikaanse stoeier en akteur († 1988).
- 1949 – Lech Kaczyński, Staatspresident van Pole († 2010).
- 1951 – Miriam Flynn, Amerikaanse aktrise en komediant.
- 1952 – Carol Kane, Amerikaanse aktrise.
- 1952 – Isabella Rossellini, Italiaanse aktrise, model, skrywer en rolprentmaker.
- 1952 – Idriss Déby, president van Tsjaad († 2021).
- 1956 – Brian Benben, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1982 – Nathan Cavaleri, Australiese akteur en sanger-liedjieskrywer.
- 1984 – Laudo Liebenberg, Suid-Afrikaanse akteur en sanger.
Sterftes
- 1828 – Roald Amundsen, Noorse pool- en ontdekkingsreisiger (* 1872).
- 1970 – NP van Wyk Louw, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en dramaturg (* 1906).
- 1979 – Henry Vollam Morton, Brits-Suid-Afrikaanse joernalis en reisskrywer (* 1892).
- 2011 – Frederick Chiluba, Zambiese president (* 1943).
- 2020 – Vera Lynn, Engelse sangeres, liedjieskrywer, aktrise en bekend as "The Forces' Sweetheart" (* 1917).
- 2023 – Hardeep Singh Nijjar, Kanadese Sikh-separatistiese leier (* 1977).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.