18 Julie
18 Julie is die 199ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (200ste in skrikkeljare). Daar volg nog 166 dae in die res van die jaar.
<< | Julie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 64 – Begin van die groot brand van Rome. Gerugte gaan rond dat keiser Nero dit gestig het. Nero beskuldig die Christene.
- 1155 – Pous Adrianus IV kroon Frederik I Barbarossa as keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1200 – Pous Innocentius III stel Cencio Savelli (later Pous Honorius III) aan as kardinaal priester van Ste. Johannes en Paulus.
- 1216 – Pous Honorius III volg Pous Innocentius III op.
- 1223 – Goffredo de Castiglione (later Pous Celestinus IV) word kanselier van Milaan.
- 1278 – Pous Nicolaas III proklameer 'n grondwet vir die stad Rome wat bepaal dat geen uitlanders in die bestuur mag dien nie.
- 1289 – Pous Nicolaas IV bepaal dat die kollege van kardinale die helfte van die geld van die pouslike staat kry.
- 1323 – Pous Johannes XXII verklaar Thomas Aquino heilig.
- 1605 – Pous Paulus V stel sy nefie Scipione Caffarelli-Borghese aan as kardinaal.
- 1763 – Pous Clemens XIII stel Simone Buonaccorsi van die Apostoliese Signatura en Andrea Negroni, Apostoliese protonotarius, aan as kardinale.
- 1870 – Die Eerste Vatikaanse Konsilie keur die dogma van pouslike onfeilbaarheid goed.
- 1925 – Adolf Hitler publiseer sy persoonlike manifes Mein Kampf.
- 1982 – Die weermag van Guatemala en geallieerde paramilitêres vermoor meer as 250 Maya-arbeiders in die Plan de Sánchez-slagting.
- 1999 – Penny Heyns stel haar vierde wêreldrekord in twee dae op deur twee maal haar rekord vir borsslag oor 100 m te verbeter. Dit staan nou op 1:06,95, en Heyns word die eerste swemmer wat wêreldrekords hou vir borsslag oor 50, 100 en 200m.
- 2003 – Dr. David Kelly, vermiste Britse wetenskaplike wat betrokke was by die omstredenheid rondom Brittanje se deelname aan die oorlog in Irak, se liggaam word in 'n bos naby sy huis in Oxfordshire gevind.
Geboortes
- 1504 – Heinrich Bullinger, Switserse kerkhervormer († 1575)
- 1534 – Sagarias Ursinus, Duitse Gerformeerde teoloog en Protestant hervormer († 1583).
- 1877 – Jacob van Deventer, Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder († 1922).
- 1881 – Ave Duthie, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1963).
- 1908 – Lupe Vélez, Amerikaanse aktrise († 1944).
- 1913 – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise († 1999).
- 1918 – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) († 2013).
- 1921 – John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder, politikus en Marinierskorpsvegvlieënier († 2016).
- 1922 – Thomas Kuhn, Amerikaanse akademikus († 1996).
- 1927 – Kurt Masur, Duitse dirigent († 2015).
- 1928 – Rob Wout alias Opland, Nederlandse politieke tekenaar († 2001).
- 1938 – Lance James, Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper († 2020).
- 1950 – Richard Branson, Britse entrepreneur.
- 1955 – Piet Botha, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2019).
- 1982 – Priyanka Chopra, Indiese aktrise, vervaardiger, model en Mej. Wêreld 2000.
- 1992 – Ayabonga Khaka, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler
Sterftes
- 1100 – Godfried van Bouillon, leier van die Eerste Kruistog en heerser van die Koningkryk van Jerusalem (* 1060)
- 1610 – Caravaggio, Italiaanse kunstenaar (* 1571).
- 1817 – Jane Austen, Engelse skryfster (* 1775).
- 1918 – Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt, vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland (* 1964).
- 1953 – Karl Bremer, eertydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid (* 1885).
- 1986 – Stanley Rous, Engelse sokkerspeler, skeidsregter en sportbestuurder.
- 1996 – W.A. de Klerk, Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1917).
- 2011 – Genl Magnus Malan, Minister van Verdediging en hoof van die SA weermag (* 1930).
- 2015 – Alex Rocco, Amerikaanse akteur (* 1936).
- 2016 – Lofty Nel, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler (* 1935).
- 2020 – Elize Cawood, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1952).
- 2022 – Don Mattera, Suid-Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Internasionale Nelson Mandeladag
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 July. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.