1888
Die jaar 1888 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
1888 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1883 | 1884 | 1885 | 1886 | 1887 | ◄ 1888 ► | 1889 | 1890 | 1891 | 1892 | 1893 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1888 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Friedrich III van Duitsland | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- ’n Mynkamp word gestig op ’n plaas met die naam Roodepoort.
- Henry James publiseer sy langer kortverhaal The Aspern Papers.
- Brasilië is die laaste land op aarde wat slawerny verbied.
- 10 Januarie – Die Swartbergpas word oopgestel.
- 27 Januarie – Die National Geographic Society, uitgewer van die National Geographic tydskrif, word gestig.
- 13 Maart – De Beers Consolidated Mines word gestig.
- 11 April – Die Concertgebouw in Amsterdam word geopen.
- 31 Augustus – Jack the Ripper eis sy eerste slagoffer.
Geboortes
- 30 Januarie – D.B. Bosman, Afrikaanse taalkundige († 1960).
- 1 Februarie – Hans Anton Aschenborn, Duitsgebore Namibiese skrywer en kunstenaar († 1931).
- 12 Maart – Hans Knappertsbusch, Duitse dirigent († 1965).
- 27 April – Florence La Badie, Amerikaanse pionier aktrise († 1917).
- 11 Mei – Irving Berlin, Amerikaanse komponis († 1989).
- 23 Mei – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter († 1976).
- 24 Junie – Gerrit Rietveld, Nederlandse meubelontwerper en argitek († 1964).
- 11 Julie – Carl Schmitt, Duitse politieke filosoof († 1985).
- 15 Augustus – Maude George, Amerikaanse aktrise en skryfster († 1963).
- 16 Augustus – T. E. Lawrence, Britse soldaat ("Lawrence of Arabia") († 1935).
- 26 September – T.S. Eliot, Amerikaans-Britse digter en dramaturg, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1948 († 1965).
- 5 Oktober – Mary Fuller, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 8 Oktober – Friedrich Fromm, Duitse generaal († 1945).
- 15 Oktober – Gerhard Morkel, Springbokrubyspeler († 1963).
- 23 November – Theo Pienaar, Suid-Afrika se dertiende Springbokkaptein († onbekend)
- 5 Desember – Tienie Holloway, Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur († 1967).
- 15 Desember – Jan Greshoff, Nederlandse digter († 1971).
Sterftes
- 9 Maart – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1797).
- 9 April – Jan Renier Snieders, Vlaamse skrywer en broer van August Snieders (* 1812).
- 15 Junie – Friedrich III van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1831).
- 14 Julie – Jan Brand, Vrystaatse staatsman, President van die Oranje-Vrystaat (* 1823).
- 14 November – Jan van Beers, Vlaamse digter (* 1821).
- 3 Desember – Carl Zeiss, Duitse nyweraar en optikus (* 1816).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.