1886
Die jaar 1886 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 86ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1886 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1881 | 1882 | 1883 | 1884 | 1885 | ◄ 1886 ► | 1887 | 1888 | 1889 | 1890 | 1891 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1886 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Lüderitz | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 'n Vloedramp tref die stad Montréal.
- Stigting van Vancouver, British Columbia.
- Henry James publiseer sy bittersoet tragedie/komedie The Bostonians asook sy politieke roman The Princess Casamassima.
- Die Franse chemikus Paul-Émile Lecoq Boisbaudran ontdek die element disprosium.
- Die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) word deur verteenwoordigers uit Skotland, Ierland en Wallis in Dublin gestig.
- 22 Februarie – Die eerste goud (61 onse) word van Kromdraai aan die Witwatersrand na die Standard Bank in Pretoria gestuur.
- 8 Mei – Die Amerikaanse apteker dr. John Styth Pemberton skep ’n drankie wat later bekend staan as Coca-Cola.
- 2 Junie – Frances Cleveland (geb. Folsom) trou op 21-jarige ouderdom met die Amerikaanse president Grover Cleveland en word die jongste "First Lady" in die Amerikaanse geskiedenis.
- 3 Julie – Carl Benz onderneem 'n proefrit met sy eerste motor in Mannheim.
- 4 Oktober – Amptelike stigtingsdag van die goudstad Johannesburg, na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand.
Geboortes
- 8 Februarie – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige († 1976).
- 27 Maart – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek, († 1969).
- 14 April – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder († 1973).
- 23 April – Iva Shepard, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 26 Mei – Al Jolson, Amerikaanse akteur en komponis († 1950).
- 1 Junie – Daisy de Melcker, moordenares wat haar twee mans en seun vergiftig het († 1932).
- 20 Junie – Robert Schuman, Franse staatsman († 1963).
- 25 Junie – Henry H. Arnold, Amerikaanse generaal in beide die Amerikaanse Leër en Amerikaanse Lugmag († 1950).
- 5 Julie – Felix Timmermans, Vlaamse skrywer († 1947).
- 5 Julie – Willem Drees, Nederlandse eerste minister († 1988).
- 6 Julie – Annette Kellermann, Australiese aktrise († 1975).
- 13 Augustus – Jacob Hendrik Pierneef, Suid-Afrikaanse skilder († 4 Oktober 1957).
- 8 September – Siegfried Sassoon, Engelse digter, skrywer en soldaat († 1967).
- 25 September – Nobutake Kondō, admiraal in die Japannese Keiserlike Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1953).
- 6 Oktober – Edwin Fischer, Switserse pianis en dirigent († 1960)
- 16 Oktober – Armin Wegner, Duitse skrywer en menseregte-aktivis († 1978).
- 26 Oktober – Isidore Fattal, biskop in Libanon en Sirië († 1961).
- 1 Desember – Pierre Kemp, Nederlandse digter († 1967).
Sterftes
- 17 Mei – John Deere, Amerikaanse grofsmid en uitvinder (* 1804).
- 31 Julie – Franz Liszt, Hongaarse komponis (* 1811).
- 8 Oktober – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar (* 1822).
- 30 Oktober – Adolf Lüderitz, Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië (* 1834).
- 18 November – Chester A. Arthur, die een-en-twintigste President van die Verenigde State (* 1829).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.