1877
Die jaar 1877 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1877 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1872 | 1873 | 1874 | 1875 | 1876 | ◄ 1877 ► | 1878 | 1879 | 1880 | 1881 | 1882 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1877 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die boererepublieke | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Henry James publiseer sy sosiale komedie The American.
- 15–19 Maart 1877 – Australië en Engeland speel in die eerste internasionale toetskrieketwedstryd; Australië wen met 45 lopies.
- 12 April – Die Verenigde Koninkryk annekseer Transvaal
- 12 Augustus – Asaph Hall ontdek Mars se kleinste en uiterste maan, Deimos.
- 18 Augustus – Asaph Hall ontdek Mars se grootste en naaste maan, Phobos.
- 21 September – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kamerlengo.
Geboortes
- 21 Februarie – Totius, Suid-Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk († 1953).
- 27 Mei – Isadora Duncan, Amerikaanse danseres en choreograaf († 1927).
- 28 Mei – Maksimilian Wolosjin, Russies-Oekraïense digter en landskapskilder († 1932).
- 3 Junie – Raoul Dufy, Franse waterverfskilder († 23 Maart † 1953).
- 7 Junie – George Villiers, Britse politikus en vyfde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1931–1937) († 1955).
- 10 Julie – Ernest Brown Babcock, Amerikaanse plantgenetikus († 1954).
- 18 Julie – Jacob van Deventer, Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder († 1922).
- 21 Julie – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus († 1964).
- 27 Julie – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent († 1960).
- 31 Julie – Louisa Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige en herbariumhouer († 1970).
- 10 Oktober – Nettie Bredell, 'n kleindogter van pres. Paul Kruger († 1920).
- 24 Oktober – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein († 1947).
- 4 Desember – Morris Alexander, lid van die Suid-Afrikaanse Volksraad vir Kaapstad-Kasteel († 1946).
Sterftes
- 5 September – Crazy Horse, "Inheemse Amerikaner" van die Oglala Lakota (* 1842).
- 23 September – Urbain Le Verrier, ’n Franse sterrekundige wat die ontdekking van Neptunus voorspel het (* 1811).
- Onbekend – Thomas Stubbs, ’n Setlaarsweeskind, ambagsman en aanvoerder van Stubb's Rangers (* 1808)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.