1869
Die jaar 1869 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 69ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1869 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1864 | 1865 | 1866 | 1867 | 1868 | ◄ 1869 ► | 1870 | 1871 | 1872 | 1873 | 1874 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1869 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Groot Gat | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 9 Februarie – Die Groot Brand van Suid-Afrika breek uit.
- 6 Maart – Dmitri Mendelejef stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor.
- 6 November – Diamante word te Kimberley ontdek. Die Groot Gat, effektief die grootste uitgrawing deur mensehand ter wêreld, ontstaan. Ongeveer 23 miljoen ton materiaal is verwyder en die opbrengs is 2,722 kg diamante.
- 17 November – Die Suezkanaal in Egipte word geopen.
- 8 Desember – Pous Pius IX open die Eerste Vatikaanse Konsilie.
- Onbekend – Dmitri Mendelejef publiseer die eerste Periodieke tabel.
- Onbekend – Bayânudîn verskyn, 'n handleiding oor die Moslemgeloof, en een van die eerste boeke in Afrikaans. Die skrywer is Turkse geleerde, Abubakr Effendi.
Geboortes
- 10 Januarie – Grigori Raspoetin, Russiese lekeprediker († 1916).
- 11 Februarie – Else Lasker-Schüler, Duits-Joodse digteres en toneelskryfster († 1945).
- 16 Maart – W.A. Hofmeyr, Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem († 1953).
- 18 Maart – Neville Chamberlain, Britse politikus († 1940).
- 22 Maart – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne († 1964).
- 29 Maart – Edwin Lutyens, Britse argitek († 1944).
- 15 April – Sarie Maré, die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” handel († 1939).
- 21 April – Hauk Aabel, Noorweegse akteur († 1961).
- 27 Junie – Hans Spemann, ontvanger van die Nobelprys vir medisyne 1935 († 1941).
- 27 Junie – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis († 1940).
- 27 Augustus – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland († 1946).
- 20 September – Antonie Kock, regter van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1948).
- 2 Oktober – Mahatma Gandhi, charismatiese Indiese massa-bewegingsleier, wat die saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het († 1948).
- 7 September – Genl. Ben Viljoen, Boereoorlog-stryder († 1917).
- 24 Desember – Henriette Roland Holst, Nederlandse digteres († 1952).
- 31 Desember – Henri Matisse, Franse kunstenaar († 1954).
Sterftes
- 8 Maart – Hector Berlioz, 'n Franse komponis (* 1803).
- 24 Maart – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal (* 1779).
- 1 Augustus – Alexine Tinne, Nederlandse ontdekkingsreisiger (* 1835).
- 1 Augustus – Johannes Smuts, 'n staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad (* 1785).
- 8 Oktober – Franklin Pierce, die veertiende President van die Verenigde State (* 1804).
- 24 Oktober – Thomas Bowler, Engelse skilder wat aan die Kaap gewerk het (* 1812).
- 7 November – Ds. Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, stigter van die Paarlse Gimnasium, in die Paarl. (* 29 Mei 1804).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.