1853
Die jaar 1853 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 53ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1853 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1848 | 1849 | 1850 | 1851 | 1852 | ◄ 1853 ► | 1854 | 1855 | 1856 | 1857 | 1858 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1853 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Manuel María Paz, Barbacoa Columbia | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 4 Maart – Pous Pius IX publiseer die bul Ex Qua Die waarin die Nederlandse kerkprovinsie opgerig word.
- 2 Mei – Verkiesing van die eerste Kaapse parlement.
- 22 Desember – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kardinaal-priester van San Crisogono.
- 30 Desember – Gadsden Purchase: Die Verenigde State koop 30 000 vierkante myl grond suid van die Gilarivier en wes van die Rio Grande van Meksiko vir 10 miljoen Amerikaanse dollar.
- Die Russiese tsaar beset Moldawië en Walachië.
Geboortes
- 1 Januarie – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. († 1926).
- 10 Februarie – Leander Starr Jameson, gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman. Leidsman van die mislukte en vernederende Jameson-inval teen die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1917).
- 15 Februarie – Alfred Beit, Brits-Suid-Afrikaanse diamant- en goudmagnaat en filantroop († 1906)
- 19 Maart – Elsie Eloff-Kruger, dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger († 1924).
- 30 Maart – Vincent van Gogh, Nederlandse skilder († 1890).
- 7 April – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk († 1884).
- 3 Junie – Sir Flinders Petrie, Fellow of the Royal Society en ’n Engelse Egiptoloog († 1942).
- 5 Julie – Cecil John Rhodes, Britse imperialis en die stigter van die staat van Rhodesië († 1902).
- 20 Augustus – Jan Volschenk, Suid-Afrikaanse skilder († 1936).
- 22 Augustus – Ds. Bernard Petrus Jacobus Marchand, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en een van die stigters van die arbeidskolonie op Kakamas († 1917).
- 2 September – Wilhelm Ostwald, Duitse chemikus en filosoof († 1932).
- 25 Oktober – Sydney Charles Buxton, Britse politikus en tweede Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1914–1920) († 1934).
- 26 Oktober – Paul Homeyer, Duitse orrelis († 1908).
- 19 Desember – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman († 1926).
Sterftes
- 17 Maart – Christian Doppler, Oostenrykse wiskundige en fisikus (* 1803).
- 23 Julie – Andries Pretorius, Voortrekkerleier (* 1798).
- 15 Augustus – Johan Gadolin, Finse chemikus en mineraloog. (* 1760).
- 6 September – George Bradshaw, Engelse kartograaf, drukker en uitgewer (* 1801).
- 4 November – John Montagu, Koloniale sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop (* 1797).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.