1851
Die jaar 1851 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 51ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1851 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1846 | 1847 | 1848 | 1849 | 1850 | ◄ 1851 ► | 1852 | 1853 | 1854 | 1855 | 1856 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1851 |
![]() | ||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||
Hans Christian Ørsted | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Stigting van Rustenburg (Noordwes-provinsie, Suid-Afrika)
- Die eerste wêreldtentoonstelling word in Londen gehou.
- 30 Junie – Die Slag van Viervoet vind plaas.
- 24 Oktober – William Lassell ontdek Ariel en Umbriel, twee mane van die planeet Uranus.
Geboortes
- 2 Januarie – Charles Eugène Bertrand, 'n Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog († 1917).
- 2 Januarie – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer († 1934).
- 12 Februarie – Eugen Böhm von Bawerk, Oostenrykse ekonoom († 1914).
- 29 Junie – Ds. Pieter Adam Strasheim, vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe († 1899).
- 15 Augustus – August Ahrbeck, Suid-Afrikaanse predikant en taalstryder († 1935).
- 1 September – Sir Godfrey Lagden KCMG KBE, 'n Britse koloniale administrateur in Afrika († 1845).
- 8 September – Jannie Marais, kampvegter vir Afrikaans en weldoener († 1915).
- 14 Desember – Maarten Pelser, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk († 1902).
Sterftes
- 1 Februarie – Mary Shelley, Engelse skrywer, dramaturg, essayis, biograaf en reisskrywer (* 1797).
- 14 Maart – Hans Christian Ørsted, Deense fisikus (* 1777).
- 14 September – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer (* 1789).
- Onbekend – JMW Turner, Engelse Waterverfskilder (* 1775).
- Onbekend – John Philip, 'n sendeling van die Londense Sendinggenootskap (* 1775).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.