1846
Die jaar 1846 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 46ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1846 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1841 | 1842 | 1843 | 1844 | 1845 | ◄ 1846 ► | 1847 | 1848 | 1849 | 1850 | 1851 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1846 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Prinses Maria Carolina van Bourbon - Twee Sisiliës deur Winterhalter | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 19 Januarie – Pous Gregorius XVI stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Guilherme Henriques de Carvalho, patriarg van Lissabon.
- 16 Maart – Die Oorlog van die Byl breek uit op die Kaapse Oosgrens.
- 13 April – Burnshill, Amatola, word deur Britse soldate in die Oorlog van die Byl aangeval.[1]
- 25 April – Met die Meksikaanse aanval op Fort Texas begin die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog.
- 17 Mei – Die Saxofoon word deur Adolphe Sax gepatenteer.
- 16 Junie – Pous Pius IX volg Pous Gregorius XVI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 16 Julie – Pous Pius IX verleen amnestie aan politieke gevangenes en dissidente.
- 27 Julie – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word aartsbiskop van Perugia.
- 23 September – Die planeet Neptunus word deur die sterrekundiges Urbain Le Verrier, Johann Gottfried Galle en John Couch Adams ontdek.
- 10 Oktober – William Lassell ontdek Triton, die grootste maan van die planeet Neptunus.
- 28 Desember – Iowa word die 29ste deelstaat van die Verenigde State.
Geboortes
- 15 Januarie – D.F. du Toit, Oom Lokomotief, stigterslid van die GRA († 1923).
- 2 Mei – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent († 1909)
- 5 Mei – Henryk Sienkiewicz, Poolse outeur, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde 1905 († 1916).
- 27 Junie – Charles Stewart Parnell, Ierse nasionalis, in Avondale, County Wicklow.
- 28 Junie – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg genoem is († 1904).
- 28 Oktober – Auguste Escoffier, Franse sjef († 1935).
- 19 November – Genl. Lucas Johannes Meyer, medestigter van die Nieuwe Republiek († 1902).
Sterftes
- 1 Junie – Pous Gregorius XVI, die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1765).
- 24 Junie – Jan Frans Willems, Vlaamse skrywer, digter en vader van die Vlaamse Beweging (* 1793).
Verwysings
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2011. Besoek op 30 Mei 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.