1838
Die jaar 1838 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 38ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1838 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1833 | 1834 | 1835 | 1836 | 1837 | ◄ 1838 ► | 1839 | 1840 | 1841 | 1842 | 1843 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1838 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Voorstelling van 'n Zoeloe-aanval op 'n Boerelaer in Februarie 1838 | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 6 Januarie – Samuel Morse toets die elektriese telegraaf suksesvol vir die eerste keer.
- 12 Februarie – Pous Gregorius XVI stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Chiarissimo Falconieri Mellini, aartsbiskop van Ravenna.
- 17 Februarie – Aanval op die Voortrekkers deur die Zoeloes by Bloukrans.
- 9 April – Die Slag van Italeni vind plaas.
- 13 April – Louis Tregardt bereik Lourenço Marques (tans Maputo) in Mosambiek nadat hy die Soutpansberg in Augustus die vorige jaar verlaat het.
- 16 April – Die Koekoorlog begin in Mexiko.
- 28 Junie – Koningin Victoria gekroon.
- 13 September – Pous Gregorius XVI stel Engelbert Sterckx, aartsbiskop van Mechelen Filippo De Angelis, aartsbiskop-biskop van Montefiascone aan as kardinale.
- 5 November – Honduras onttrek vanuit die Sentraal Amerikaanse Federasie. Dit lei tot die ineenstorting van die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika.
- 30 November – Pous Gregorius XVI stel Gabriele Ferretti, aartsbiskop van Fermo aan as kardinaal.
- 16 Desember – Die Slag van Bloedrivier.
- 27 Desember – Die Slag van die Opatikloof.
Geboortes
- 6 Januarie – Max Bruch, Duitse komponis († 1920).
- 18 Januarie – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement († 1903).
- 9 Maart – Albert Zinn, NG Kerk predikant († 1866).
- 10 Mei – John Wilkes Booth, sluipmoordenaar van Abraham Lincoln († 1865).
- 27 Junie – Paul von Mauser, wapenontwerper († 1914).
- 25 Oktober – Georges Bizet, Franse komponis († 1875).
- 31 Oktober – Sir William Francis Butler, 'n Britse generaal en ook waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie († 1910).
- 29 November – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse gereformeerde teoloog († 1912).
- Onbekend – Sir William Henry Perkin, Britse chemikus († 1907).
Sterftes
- 6 Februarie – Piet Retief, Voortrekkerleier (* 1780)
- 11 Februarie – Cornelius de Jong, Nederlandse seekaptein en skrywer (* 1762)
- 12 Februarie – Uwe Jens Lornsen, regsgeleerde en kampvegter vir 'n verenigde en onafhanklike Sleeswyk-Holstein (* 1793)
- 11 April – Piet Uys, 'n Voortrekkerleier (* 1797)
- 11 April – Dirkie Uys, kinderheld en seun van Voortrekkerleier Piet Uys (* 1823).
- 23 Mei – Jan Willem Janssens, die laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap (* 1762)
- 23 September – Gerrit Maritz, vername Voortrekkerpionier en leier (* 1798)
- 25 Oktober – Louis Tregardt, een van die eerste Voortrekkerleiers (* 1783)
- 27 Desember – Alexander Biggar, Britse Setlaar en soldaat (* 1781)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.