1818
Die jaar 1818 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 18de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1818 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1813 | 1814 | 1815 | 1816 | 1817 | ◄ 1818 ► | 1819 | 1820 | 1821 | 1822 | 1823 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1818 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Paul Revere | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Stigting van Beaufort-Wes (Wes-Kaap)
- Volgens 'n sensus beloop Kaapstad se bevolking in hierdie jaar 19 900 siele, waarvan 7 400 wit is, 573 Khoikhoi, 19 033 vrye swart mense is, en 8 272 slawe.
- Die konstruksie van paaie oor die Splügen- en St. Bernardino-passe in Switserland begin.
- 6 April – Pous Pius VII stel Johann Casimir von Häffelin, titulêr biskop van Chersoneso aan as kardinaal.
- 3 Desember – Illinois word die 21ste deelstaat van die Verenigde State.
- 18 Desember – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word georden as subdiaken.
Geboortes
- (onbekend) – Kreli, Xhosaopperhoof en seun van Hintsa († 1893).
- 10 Januarie – Prof. Dirk Postma, Suid-Afrikaanse teoloog († 1890).
- 2 Februarie – Jan Lambrecht Domien Sleeckx, Vlaamse skrywer († 1901).
- 11 Maart – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, pedagoog en choreograaf († 1910).
- 8 April – Christiaan IX, koning van Denemarke († 1906).
- 29 April – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland († 1881).
- 5 Mei – Karl Marx, Duitse filosoof († 1883).
- 16 Mei – Willem Cornelis Janse van Rensburg, 2de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1865).
- 17 Junie – Charles Gounod, Franse komponis († 1893).
- 1 Julie – Ignaz Semmelweis, Hongaarse arts († 1865).
- 30 Julie – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights († 1848).
- 10 November – Peter Frans van Kerckhoven, Vlaamse skrywer en een van die leiers van die vroeë Vlaamse Taalbeweging († 1857).
- 24 Desember – James Prescott Joule, Engelse fisikus († 1889).
Sterftes
- 7 Januarie – Karl Heinrich Bergius, Suid-Afrikaanse apteker en natuurkenner van Duitse herkoms (* ~1790).
- 10 Mei – Paul Revere, Amerikaanse patriot (* 1735).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.