1816
Die jaar 1816 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 16de jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
1816 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1811 | 1812 | 1813 | 1814 | 1815 | ◄ 1816 ► | 1817 | 1818 | 1819 | 1820 | 1821 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1816 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Europa ná die Kongres van Wene | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Die jaar staan ook bekend as die Jaar sonder somer.
- 8 Maart – Pous Pius VII stel 31 nuwe kardinale aan waaronder Annibale Sermattei della Genga, titulêr aartsbiskop van Tirus, (later Pous Leo XII) en Francesco Saverio Castiglioni, biskop van Montalto, (later Pous Pius VIII).
- 8 Maart – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word aartsbiskop van Senigallia.
- 9 Maart – Die Slagtersnek rebelle word gehang.
- 13 April – Die Eclipse, die eerste posskip uit Londen, arriveer in Tafelbaai ná ’n vaart van 114 dae.[1]
- 3 Junie – Pous Pius VII veroordeel die werke van Germanos Adam.
- 9 Julie – Argentinië verklaar sy onafhanklikheid van Spanje.
- 23 September – Pous Pius VII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Francisco Antonio Cebrián y Valdá, patriarg van Wes Indië.
- 11 Desember – Indiana word die 19de deelstaat van die Verenigde State.
Geboortes
- 21 April – Charlotte Brontë, Engelse skrywer en outeur van Jane Eyre († 1855).
- 11 September – Carl Zeiss, 'n Duitse industrialis en optikus († 1888).
- 13 Desember – Werner von Siemens, Duitse ingenieur, uitvinder en industrialis († 1892).
Sterftes
- Thomas Girten – Waterverfskilder
Verwysings
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2011. Besoek op 30 Mei 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.