1806
Die jaar 1806 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 6de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1806 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1801 | 1802 | 1803 | 1804 | 1805 | ◄ 1806 ► | 1807 | 1808 | 1809 | 1810 | 1811 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1806 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Gen. Janssens (kustenaarsindruk van 1909) | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 4 Januarie – Goew. J.W. Janssens kondig op die vooraand van die Slag van Blaauwberg krygswet af.
- 8 Januarie – Die Kaapkolonie word 'n Britse kolonie na die Slag van Blaauwberg.
- Die Wynbergtolbos word die laaste keer gesien.
- Konstruksie van die Arc de Triomphe begin.
Meteorologie
- Luke Howard en Francis Beaufort ontwikkel hulle klassifikasiestelsel vir windspoed.
Geboortes
- 5 Februarie – Friedrich Welwitsch, Oostenrykse ontdekkingsreisiger van Afrika en plantkundige († 1872).
- 9 April – Isambard Kingdom Brunel, Engelse meganiese en siviele ingenieur († 1859).
- 20 Mei – John Stuart Mill, Engelse filosoof en ekonoom († 1873).
- 26 Junie – Antjie Scheepers, Afrikanerpioniersvrou († 1878).
- 25 Oktober – Max Stirner, Duitse filosoof († 1856.
- 24 November – William Webb Ellis, die Vader van rugby († 1872).
- Desember – Charles Léon Denuelle, eerste seun van Napoleon Bonaparte († 1881).
Sterftes
- Januarie of Februarie – Mungo Park, Skotse ontdekkingsreisiger (* 1771)
- 9 April – Willem V, Prins van Oranje en die laaste Stadhouer van die Nederlandse Republiek (* 1748)
- 31 Mei – Lord George Macartney, 'n goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop van 1796 tot 1798 (* 1737).
- 23 Augustus – Charles Coulomb, Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur (* 1736).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.