17de Dinastie van Egipte

Die 17de Dinastie (ook Dinastie XVII geskryf; van 1580 tot 1550 v.C.)[1] was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk regeer het.

Geskiedenis

Tydens die 17de Dinastie was Egipte verdeel tussen ’n aantal klein Hyksos-koninkryke. Die laaste twee konings van die dinastie het die Hyksos-heerskappy van Egipte teengestaan en ’n oorlog begin wat die Hyksos-konings sou verdryf en ’n tydperk inlui bekend as die Nuwe Ryk.

Kamose, die tweede oudste seun van Seqenenre Tao, was die broer van Ahmoses I – die eerste koning van die 18de Dinastie.

Heersers

Bekende heersers van die 17de Dinastie was:[1]

Farao Horusnaam Bewind
RahotepSechemre-wahchawc. 1585 v.C
Sobekemsaf ISechemre-wadjkhaw7 jaar
Sobekemsaf IISechemre-sjedtawy
AntefSechemre-wepmaat
AntefNoebcheperre
Sechemre-Heroehirmaat IntefSechemre-heroehermaat
AhmoseSenachtenre1 jaar
Seqenenre TaoSeqenenrec. 1560, 4 jaar
KamoseWadjcheperre1555 tot 1550 v.C., 5 jaar

Verwysings

  1. Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 481. ISBN 0-19-815034-2.


Voorafgegaan deur
16de Dinastie
17de Dinastie Opgevolg deur
18de Dinastie


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.