17 November
17 November is die 321ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (322ste in skrikkeljare). Daar volg nog 44 dae in die res van die jaar.
<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 1102 – Markgravin Mathilde van Toskane skenk haar landgoedere aan Pous Paschalis II.
- 1558 – Elizabeth I bestyg die Engelse troon.
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer "Satis vobis compertum" oor die huwelik.
- 1815 – Die Slagtersnek-rebellie vind plaas.
- 1869 – Die Suezkanaal word geopen.
- 1969 – Die SALT I-samesprekings tussen die Sowjetunie en die Verenigde State begin in Helsinki.
- 1970 – Douglas Engelbart ontvang die patent vir die eerste rekenaarmuis.
- 1989 – Die Fluweelrevolusie in Tsjeggo-Slowakye begin.
- 2001 – Die Afrikaanse Wikipedia word opgerig.
- 2018 – Protesaksies wat die Geelbaadjie-beweging inlei, vind plaas regoor Frankryk en ongeveer 300 000 mense neem deel aan die protesbyeenkomste.
Geboortes
- 9 – Titus Flavius Vespasianus, keiser van die Romeinse Ryk († 79).
- 1587 – Joost van den Vondel, Nederlandse digter, skrywer en dramaturg († 1679)
- 1749 – Nicolas Appert, Franse uitvinder († 1841).
- 1765 – Giovanni Battista Balbis, Italiaanse plantkundige en politikus († 1831).
- 1887 – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk († 1976).
- 1902 – Eugene Wigner, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelprys-wenner († 1995)
- 1903 – Nicolaas Johannes Diederichs, Suid-Afrikaanse politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) († 1978).
- 1921 – Prof. Richard Ernest van der Ross, 'n Kaapse Kleurlingleier en opvoedkundige († 2017).
- 1925 – Rock Hudson, Amerikaanse akteur († 1985).
- 1928 – Rance Howard, Amerikaanse akteur († 2017).
- 1952 – Cyril Ramaphosa, Suid-Afrikaanse sakeman, politikus en vyfde President van Suid-Afrika (2018–).
- 1952 – Freek Robinson, Suid-Afrikaanse joernalis en TV-persoonlikheid.
- 1957 – Hannes Visser, Afrikaanse skrywer, digter en uitgewer.
- 1966 – Sophie Marceau, Franse aktrise.
- 1977 – Ryk Neethling, Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer.
Sterftes
- 375 – Valentinianus I, keiser van die Wes-Romeinse Ryk (* 321).
- 474 – Leo II, keiser van Bisantium (* 467).
- 1558 – Maria I van Engeland, koningin van Engeland en van Ierland (* 1516).
- 1713 – Abraham van Riebeeck, Goewerneur-Generaal van Nederlands-Indië (* 1653).
- 1796 – Keiserin Katharina II van Rusland (* 1729).
- 1917 – Auguste Rodin, Franse beeldhouer. (* 1840).
- 1938 – Adriaan Moorrees, teoloog en leier in die NG Kerk, skrywer en digter (* 1855).
- 2012 – Ian Kirkpatrick, Springbokrugbyspeler en -afrigter (* 1930).
- 2013 – Doris Lessing, Britse skryweres (* 1919).
- 2017 – Salvatore Riina, Italiaanse mafioso (* 1930).
- 2018 – Nigel Morgan, Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant (* 1954).
- 2021 – Theuns Jordaan, Suid-Afrikaanse sanger (* 1971).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.