17 Julie
17 Julie is die 198ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (199ste in skrikkeljare). Daar volg nog 167 dae in die res van die jaar.
<< | Julie 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 561 – Pous Johannes III volg Pous Pelagius I op.
- 1048 – Pous Damasus II volg Pous Clemens II op.
- 1700 – Pous Innocentius XII verklaar Augustine Gazotich salig.
- 1754 – Pous Benedictus XIV verklaar Seraphina (Sueva) Sforza salig.
- 1755 – Die Doddington strand by Voëleiland in Algoabaai.
- 1775 – Pous Pius VI stel Francesco Maria Banditi, Theat., aartsbiskop van Benevento en Ignazio Gaetano Boncompagni-Ludovisi, referendaris van die hooftribunaal van die Signatura vir Geregtigheid en Genade aan as kardinale.
- 1815 – Napoleontiese Oorloë: Napoleon gee by Rochefort, Frankryk, aan Britse magte oor.
- 1932 – Leeudoringstad-spoorwegramp: 'n Goederetrein met 'n vrag van 1200 ton dinamiet ontplof by Leeudoringstad in Suid-Afrika.
- 1936 – Die Spaanse Burgeroorlog, wat tot 1939 sou duur, begin met 'n militêre staatsgreep deur die regse nasionaliste onder generaal Francisco Franco in Spaans-Marokko.
- 1955 – Disneyland word geopen in Anaheim, Kalifornië.
- 1967 – Die onbemande ruimtetuig Surveyor 4 stort op die maan neer.
- 1996 – Die Gemeenskap van Portugese Lande word deur Angola, Brasilië, Guinee-Bissau, Kaap Verde, Mosambiek, Portugal en São Tomé en Príncipe in Lissabon gestig.
- 1999 – Penny Heyns van Suid-Afrika behaal in Los Angeles twee maal 'n wêreldrekord vir borsslag oor 200 m. Haar beste tyd is 2:24,51.
- 2014 – 'n Boeing 777, Malaysia Airlines-vlug 17, word deur militantes neergeskiet in die ooste van die Oekraïne. Al 298 insittendes sterf in die ramp.
Geboortes
- 1899 – James Cagney, Amerikaanse akteur († 1986).
- 1911 – Yang Jiang Chinese dramaturg, skrywer, en vertaler († 2016).
- 1917 – Phyllis Diller, Amerikaans aktrise en komediant († 2012).
- 1935 – Diahann Carroll, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 1935 – Donald Sutherland, Kanadese akteur.
- 1947 – Koningin Camilla van die Verenigde Koninkryk, gekroon op 6 Mei 2023.
- 1952 – David Hasselhoff, Amerikaanse akteur.
- 1954 – Angela Merkel, Duitse bondskanselier.
- 1960 – Dawn Upshaw, Amerikaanse sopraan.
- 1961 – Zbigniew Zamachowski, Poolse akteur.
- 1965 – Alex Winter, Engelse regisseur, akteur en vervaardiger.
- 1975 – Mara Louw, Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise.
- 1987 – Meghan Camarena, Amerikaanse aktrise en regisseuse.
Sterftes
- 855 – Pous Leo IV, 103de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±790).
- 1399 – Hedwig van Pole, Poolse koningin (* 1373)
- 1588 – Mimar Sinan, Ottomaanse argitek en siviele ingenieur (* 1489)
- 1790 – Adam Smith, Skotse ekonoom (* 1723).
- 1762 – Pieter III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1728)
- 1912 – Henri Poincaré, Franse fisikus (* 1854).
- 1942 – Tinus de Jongh, Suid-Afrikaanse skilder (* 1885).
- 1943 – Sir Patrick Duncan, Britse politikus en sesde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1937–1943) (* 1870).
- 1945 – Ernst Busch, Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1885).
- 2015 – Jules Bianchi, Franse F1-renjaer (* 1989).
- 2022 – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1953).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Leo IV in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Verjaarsdag van die koning van Lesotho.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 July. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.