1795
Die jaar 1795 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 95ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1795 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1790 | 1791 | 1792 | 1793 | 1794 | ◄ 1795 ► | 1796 | 1797 | 1798 | 1799 | 1800 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1795 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 19 Januarie – Die Bataafse Republiek word uitgeroep in Nederland.
- 1 Junie – Pous Pius VI stel Giulio Maria della Somaglia, titulêr patriarg van Antiogië aan as kardinaal.
- 7 Augustus – Die Slag van Muizenberg is 'n beslissende skermutseling wat die eerste Britse besetting van die Kaap inlui.
- 19 Desember – Oostenryk teken 'n wapenstilstand met Frankryk.
Geboortes
- Augustin Thierry, Franse geskiedkundige († 1856).
- 24 Junie – Ernst Heinrich Weber, fisioloog († 1878).
- 29 Augustus – Abraham Faure, die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch († 1875).
- 7 September – John William Polidori, Engelse romantiese skrywer († 1821).
- 31 Oktober – John Keats, 'n Engelse Romantiese digter († 1821).
- 2 November – James K. Polk, elfde President van die Verenigde State († 1849).
- 21 Desember – Robert Moffat, 'n Suid-Afrikaanse sendeling van Skotse herkoms († 1883).
Sterftes
- 21 Januarie – Samuel Wallis, Engelse seevaarder wat om die wêreld geseil het (* 1728)
- 26 Januarie – Johann Christoph Friedrich Bach, Duitse komponis (* 1732).
- 24 Junie – William Smellie, opsteller van die eerste Encyclopædia Britannica.
- 26 Junie – Jakob Friedrich Ehrhart, Duitse plantkundige en direkteur van die Botaniese Tuin van Hannover (* 1742)
- 25 Oktober – Kolonel Robert Jacob Gordon, soldaat, verkenner en stigter van die Suid-Afrikaanse merinobedryf (* 1743).
- 6 November – Georg Benda, Tsjeggiese komponis, violis en Kapellmeister uit die klassieke tydperk (* 1722)
- Onbekend – Adam Kok I, eerste leier van die Griekwas in Suid-Afrika (* 1710).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.