1782
Die jaar 1782 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1782 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1777 | 1778 | 1779 | 1780 | 1781 | ◄ 1782 ► | 1783 | 1784 | 1785 | 1786 | 1787 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1782 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
HMS Mediator in aksie. | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 27 Februarie – Pous Pius VI vertrek na Wene om te onderhandel met keiser Joseph II.
- 8 Maart – Byna 100 Inheemse Amerikaners sterf deur die toedoen van Pennsilvanië-burgermagte in 'n massamoord wat as die Gnadenhüttenmenseslagting bekend staan.
- 31 Maart – Pous Pius VI spreek die pouslike seën Urbi et Orbi uit in Wene.
- 4 Augustus – Die Grosvenor strand sowat 50 km noord van Port St. Johns.
- 12 Desember - Die Britse skip HMS Mediator verslaan naby Ferrol in Galisië vyf Franse en Amerikaanse skepe.
- 16 Desember – Pous Pius VI stel Giuseppe Maria Capece Zurlo, Theat., biskop van Calvi en Raniero Finocchietti, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinale.
- 16 Desember – Gregorio Barnaba Chiaramonti (later Pous Pius VII) word aangestel as biskop van Tivoli.
- 21 Desember – Gregorio Barnaba Chiaramonti (later Pous Pius VII) word tot biskop gewy.
Geboortes
- 5 Desember – Martin Van Buren, agste President van die Verenigde State († 1862).
- John Sell Cotman, Waterverfskilder.
Sterftes
- 1 Januarie – Johann Christian Bach, Duitse komponis (* 1735).
- 24 September – Julien-Marie Crozet, Franse ontdekkingsreisiger (* 1728).
- April – Anne Bonny, Ierse seerower wat in die Karibiese See aktief was (* 1697)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.