1739
Die jaar 1739 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 39ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1739 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1734 | 1735 | 1736 | 1737 | 1738 | ◄ 1739 ► | 1740 | 1741 | 1742 | 1743 | 1744 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1739 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Bitse vloot bombardeer Portobello in Panama. | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 23 Februarie – Pous Clemens XII stel Gaetano Stampa, aartsbiskop van Milaan en Pierre-Guérin de Tencin, aartsbiskop van Embrun aan as kardinaal.
- 14 April – Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap de Goede Hoop en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is.
- 5 Mei – Die Persiese troepe onder Nadir Shah verlaat die Indiese stad Delhi nadat hulle dit vir etlike weke geplunder het. Naas duisende slawe word die pou-troon en die diamant bekend as die Koh-i-noor uit die Mogolryk na Persië weggevoer.
- 15 Julie – Pous Clemens XII stel Marcellino Corio, goewerneur van Rome aan as kardinaal.
- 30 September – Pous Clemens XII stel Prospero Colonna, ouditeur van die Apostoliese Kamer en Carlo Maria Sacripante, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinaal.
Geboortes
- 8 Maart – Joachim van Plettenberg, goewerneur van die Kaapkolonie († 1793)
- 24 September – Grigori Potjomkin, Russiese maarskalk, staatsman en die minnaar van Katharina die Grote († 1791).
- 2 November – Carl Ditters von Dittersdorf, Oostenrykse komponis († 1799).
Sterftes
- 31 Augustus – Petrus Kalden, die 13de predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (* 1670)
- 14 November – Etienne Barbier, Kaapse rebel (* 1699).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.