16 April
16 April is die 106de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (107ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 259 dae.
<< | April 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 1178 v.C. – ’n Sonsverduistering dui die terugkeer aan van Odusseus, die legendariese koning van Ithaka, na sy koninkryk ná die Trojaanse Oorlog.
- 556 – Pous Pelagius I volg Pous Vigilius op.
- 1071 – Bari word oorgeneem deur Robert Guiscard, en eindig die Bisantynse heersing in Italië.
- 1245 – Pous Innocentius IV stuur twee missies na die Mongoolse Khan, met die voorstel dat die Mongole bekeer word tot die Christendom.
- 1546 – Pous Paulus III ekskommunikeer Hermann von Wied, van Keulen.
- 1674 – Pous Clemens X publiseer die bul Ad apostolicae vocis oraculorum oor die instelling van die jubileum van 1675.
- 1686 – Die Nossa Senhora dos Milagros strand by Struisbaai.
- 1746 – Slag van Culloden: in Skotland, beëindig die Jakobiet-opstand.
- 1777 – In die Slag van Bennington tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog wen Ethan Allen se Green Mountain Boys teen Groot-Brittanje in Vermont, VSA.
- 1799 – Slag van Mount Tabor: Napoleon verdryf die Ottoman Turke oor die Jordaanrivier naby Acre.
- 1838 – Die Koekoorlog begin in Meksiko.
- 1917 – Vladimir Lenin keer terug uit ballingskap.
- 1943 – Dr. Albert Hofmann ontdek die psigiese effekte van LSD
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Berlyn begin met die Sowjetaanval op Seelowe Höhen.
- 1946 – Die ryk goudveld in die Vrystaatse Goudvelde word op die plaas Geduld ontdek.
- 1947 – Ontploffings van ammoniumnitraat-kunsmis en 'n brand aan boord die Franse vragskip Grandcamp, in Texasstad, VSA, veroorsaak amper 600 sterftes.
- 1972 – Apollo-program: Apollo 16 word gelanseer na die Maan vanaf Kaap Canaveral, Florida.
Geboortes
- 778 – Lodewyk die Vrome; later Frankiese koning en keiser († 840).
- 1643 – Olof Bergh, ’n ou-Kaapse amptenaar en die stamvader van die Bergh-familie († 1725)
- 1649 – Jan Luyken, Nederlandse digter, illustreerder en gravis († 1712).
- 1844 – Anatole France, wenner van die Nobelprys vir Letterkunde 1921 († 1924).
- 1845 – Jacobus Abraham Smuts, vader van genl. Jan Smuts († 1914).
- 1867 – Wilbur Wright, lugvaartpionier († 1912).
- 1889 – Charlie Chaplin, Britse akteur, skrywer en rolprentvervaardiger († 1977).
- 1891 – Richard Saul, Britse vegvlieënier en lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1965).
- 1904 – Fifi D'Orsay, Amerikaanse aktrise († 1983).
- 1921 – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur († 2004).
- 1927 – Edie Adams, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2008).
- 1927 – Joseph Alois Ratzinger, (later Pous Benedictus XVI), die 265ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2022).
- 1939 – Dusty Springfield, Engelse sanger († 1999).
- 1940 – Koningin Margrethe II van Denemarke.
- 1942 – Sir Frank Williams, Britse Formule Een-motorsportlegende († 2021).
- 1954 – James Cameron, Kanadese regisseur.
- 1954 – Ellen Barkin, Amerikaanse aktrise.
- 1955 – Groothertog Henri van Luxemburg.
- 1962 – Antony Blinken 'n Amerikaanse minister van buitelandse sake.
- 1965 – Martin Lawrence, Amerikaanse akteur en komediant.
- 1967 – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder, komediant en skepper van programme († 2002).
- 1971 – Sharon Dijksma, Nederlandse politikus.
- 1974 – Xu Jinglei, Chinese aktrise.
- 1976 – Lukas Haas, Amerikaanse akteur.
- 1986 – Paul di Resta, Skotse Formule Eenrenjaer.
- 1999 – Lisette Olivera, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 744 – al-Walid II ibn Abd al-Malik, Umayyad kalief
- 1828 – Francisco Goya, Spaanse skilder (* 1746).
- 1914 – George William Hill, Amerikaanse astronoom (* 1838).
- 1946 – Arthur Chevrolet, pionier motorrenjaer en -ontwerper (* 1884).
- 1958 – Rosalind Franklin, Engelse skeikundige en x-straal kristallografis (* 1920).
- 1968 – Edna Ferber, Amerikaanse skrywer (* 1885).
- 1968 – Fay Bainter, Amerikaanse aktrise (* 1893).
- 1991 – David Lean, Engelse dirigent (* 1908).
- 1992 – Neville Brand, Amerikaanse akteur (* 1920).
- 1994 – Ralph Ellison, Afro-Amerikaanse skrywer (* 1914).
- 2002 – Robert Urich, Amerikaanse akteur (* 1946).
- 2007 – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise (* 1923).
- 2018 – Harry Anderson, Amerikaanse akteur (* 1952).
- 2019 – Fay McKenzie, Amerikaanse aktrise (* 1918).
- 2021 – Helen McCrory, Engelse aktrise (* 1968).
- 2022 – Rhoda Kadalie, Suid-Afrikaanse menseregteaktivis (* 1953).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 April. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.