1685
Die jaar 1685 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 85ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1685 |
◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1680 | 1681 | 1682 | 1683 | 1684 | ◄ 1685 ► | 1686 | 1687 | 1688 | 1689 | 1690 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1685 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
22 Oktober: Die Edik van Fontainebleau is geteken. | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Sewe weesmeisies van Amsterdam kom in die Kaap aan.
- Tydens sy jaarlikse besoek aan die Kaap, ken Hendrik Adriaan van Reede tot Drakestein 891 morge (sowat 763 hektaar) toe aan goewerneur Simon van der Stel, en die landgoed word Groot Constantia genoem.
- 7 Mei – Pous Innocentius XI hef die asielreg van die Franse ambassade in Rome op.
- 22 Oktober – Koning Lodewyk XIV van Frankryk herroep die Edik van Nantes deur middel van die Edik van Fontainebleau.
Geboortes
- 23 Februarie – Georg Friedrich Händel, Engelse komponis van Duitse afkoms († 1759).
- 12 Maart – George Berkeley, Ierse filosoof († 1753).
- 31 Maart [O.S. 21 Maart] – Johann Sebastian Bach, Duitse komponis († 1750).
- 18 April – Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière, Franse vlootoffisier en goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk in Noord-Amerika († 1752)
- 26 Oktober – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis († 1757).
- Onbekend – Mary Read, Engelse seerower († 1721).
Sterftes
- 6 Februarie – Koning Charles II van Engeland (* 1630)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.