15 Januarie
15 Januarie is die vyftiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 350 dae in die res van die jaar (351 in skrikkeljare)
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 708 – Pous Sisinnius volg Pous Johannes VII op.
- 1537 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-priester van Sint Pancrazio.
- 1537 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word kardinaal-priester van Sint Vitalis.
- 1574 – Alessandro Ottaviano de’ Medici (later Pous Leo XI) word aartsbiskop van Florence.
- 1709 – Pous Clemens XI word gedwing om Karel, aartshertog van Oostenryk, as koning van Spanje te aanvaar.
- 1759 – Die Britse Museum in Londen open sy deure vir die publiek.
- 1876 – Die eerste koerant in Afrikaans, Die Afrikaanse Patriot met C.P. Hoogenhout as redakteur, word in die Paarl uitgegee.
- 1898 – In Pretoria word Fort Klapperkop amptelik deur president Paul Kruger in gebruik geneem, op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1919 – Rosa Luxemburg en Karl Liebknecht, twee van die mees prominente sosialiste in Duitsland, word deur die Freikorps gemartel en vermoor.
- 1970 – Die Nigieriese Burgeroorlog eindig.
- 1990 – In Pretoria vermoor die pedofiel Gert van Rooyen sy houvrou Joey Haarhoff en pleeg daarna selfmoord. Hy is deur die polisie gesoek in verband die verdwyning van ses meisies tussen 1988 en 1989.
- 2001 – Wikipedia, ’n veeltalige aanlyn-ensiklopedie, word bekendgestel (Wikipediadag).
Geboortes
- 1592 – Shah Jahan, die vyfde Mogol-Keiser van Indië († 1666).
- 1622 – Molière, Frans dramaturg en toneelskryver († 1673).
- 1809 – Pierre-Joseph Proudhon, Franse ekonoom, sosioloog, filosoof wat beskou word as een van die eerste anargistiese denkers († 1865).
- 1846 – D.F. du Toit, Oom Lokomotief, stigterslid van die GRA († 1923).
- 1853 – Wilhelm Kaspar, Duits-Baltiese protestantse martelaar († 1919).
- 1863 – Wilhelm Marx, Duitse politikus en rykskanselier († 1946).
- 1908 – Edward Teller, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus wat bekend is as Die vader van die waterstofbom († 2003).
- 1913 – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1918 – Gamal Abdel Nasser, Egiptiese staatsman, president van Egipte († 1970).
- 1923 – Lee Teng-hui, president van Taiwan († 2020).
- 1929 – John Naisbitt, Amerikaanse skrywer en futuris († 2021).
- 1929 – Dr. Martin Luther King Jr., burgerregteaktivis, geskiet in 'n sluipmoord by die Lorraine Motel in Memphis, Tennessee, VSA († 1968).
- 1941 – Charo, Amerikaanse aktrise (jaar dispuut).
- 1949 – André du Pisani, Namibiese politieke wetenskaplike.
- 1953 – Kent Hovind, Amerikaanse evangelis.
- 1958 – Boris Tadić, Serwiese staatsman, president van Serwië.
- 1982 – Emina Jahović, Serwiese sangeres.
- 1996 – Dove Cameron, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 41 – Caligula, Romeinse keiser (* 12).
- 69 – Servius Sulpicus Galba, Romeinse keiser (* 3 v.C.).
- 1595 – Murat III, Ottomaanse sultan (* 1546).
- 1815 – Emma Hamilton, Lord Nelson se minnares (* 1765).
- 1824 – Francis Dundas, twee maal tydens die eerste Britse besetting van die Kaap waarnemende goewerneur (* 1759).
- 1919 – Rosa Luxemburg, Poolse politikus (* 1871).
- 1950 – Henry H. Arnold, Amerikaanse generaal in beide die Amerikaanse Leër en Amerikaanse Lugmag (* 1886).
- 1951 – Stephanus Philippus Barnard, Afrikaanse hoogleraar en Administrateur van die Vrystaat (*1888)
- 2017 – Marga van Rooy, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1942).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 January. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.