14 November
14 November is die 318de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (319de in skrikkeljare). Daar volg nog 47 dae in die res van die jaar.
<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
Gebeure
- 966 – Pous Johannes XIII keer terug na Rome.
- 1305 – Pous Clemens V word gekroon in Lyon, Frankryk.
- 1516 – Adriaan Florenszoon Boeyens (later Pous Adrianus VI) word hoof van die Inkwisisie in Aragon.
- 1644 – Pous Innocentius X stel vier nuwe kardinale aan waaronder sy neef Camillo Francesco Maria Pamphilj.
- 1699 – Pous Innocentius XII stel 7 nuwe kardinale aan, waaronder Giuseppi Archinto, aartsbiskop van Milaan.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Coventry word swaar gebombardeer in 'n aanval deur 500 bomwerpers van die Luftwaffe.
- 1971 – Mariner 9 bereik Mars en word die eerste ruimtetuig wat rondom 'n ander planeet wentel.
- 1989 – Sam Nujoma word president van Namibië met SWAPO wat 'n 57% meerderheid behaal in die eerste volledig demokratiese verkiesing in dié land.
- 1990 – Die Federale Republiek van Duitsland wysig die land se grondwet om die Poolse grens by Oder-Neisse lyn te bevestig.
- 2016 – 'n Supermaan vertoon homself.
- 2021 – Australië wen die eindstryd van die sewende T20I-wêreldbeker in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate met agt paaltjies teen Nieu-Seeland.
Geboortes
- 1650 – Willem III, koning van Engeland, Ierland en Skotland († 1702).
- 1765 – Leopold Mozart, Oostenrykse komponis († 1791).
- 1765 – Robert Fulton, Amerikaanse skilder, ingenieur en uitvinder († 1815).
- 1778 – Johann Hummel, Duitse komponis († 1837).
- 1830 – Peter MacOwan, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1909).
- 1840 – Claude Monet, impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk († 1926).
- 1889 – Jawaharlal Nehru, Indiese politikus, eerste staatshoof († 1964).
- 1894 – Rino Corso Fougier, Italiaanse lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1963).
- 1896 – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van die Verenigde State († 1979).
- 1907 – Astrid Lindgren, Sweedse skrywer wat onder andere ook Pippi Langkous geskryf het († 2002).
- 1914 – Florentine Rost van Tonningen, voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland († 2007).
- 1917 – Generaal Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat († 1979).
- 1922 – Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 2016).
- 1920 – Jan Rabie, Afrikaanse skrywer († 2001).
- 1929 – Gert Potgieter, Suid-Afrikaanse tenoor en akteur († 1977).
- 1935 – Hoessein bin Talal, koning van Jordanië († 1999).
- 1941 – Hernus Kriel, voormalige minister van wet en orde in die kabinet van Suid-Afrika († 2015).
- 1948 – Charles III van die Verenigde Koninkryk.
- 1954 – Condoleezza Rice, voormalige Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake.
- 1956 – Peter R. de Vries, Nederlandse ondersoekjoernalis en misdaadverslaggewer († 2021).
- 1961 – D.B. Sweeney, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1961 – Jurga Ivanauskaitė, Litause skrywer, essayis, toneelskrywer, skilder en digter († 2007).
- 1962 – Harland Williams, Kanadese akteur en skrywer.
- 1975 – Travis Barker, Amerikaanse tromspeler, akteur en komponis.
- 1979 – Olga Kurylenko, Franse aktrise.
Sterftes
- 565 – Justinianus I, Bisantynse Keiser (* 482)
- 1556 – Cornelis Everaert, Suid-Nederlandse rederijker (* 1480)
- 1716 – Gottfried Wilhelm Leibniz is oorlede in Hannover, Duitsland. Die laaste (Duitse) universele genie. (* 1 Julie 1646 in Leipzig, Duitsland).
- 1739 – Etienne Barbier, Kaapse rebel (* 1699).
- 1831 – Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Duitse filosoof en akademikus (* 1770).
- 1888 – Jan van Beers, Vlaamse digter (* 1821).
- 1908 – Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland, die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1850).
- 1910 – Pulvermacher, eerste Afrikaanse digter (* 1836).
- 1914 – Lord Frederick Sleigh Roberts, Britse maarskalk (* 1832).
- 1967 – Johannes Rudolph Albertyn, Afrikaanse predikant van die NG Kerk (* 1878).
- 2014 – Marius Barnard, broer en deel van prof Chris Barnard se chirugie-span (* 1927).
- 1988 – Alex Heyns, Afrikaanse akteur (* onbekend).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.