1492
Die jaar 1492 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 92ste jaar van die 15de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
1492 |
◄ | 14de eeu | ◄15de eeu► | 16de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1487 | 1488 | 1489 | 1490 | 1491 | ◄ 1492 ► | 1493 | 1494 | 1495 | 1496 | 1497 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1492 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 2 Januarie – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) vier die verowering van Grenada met 'n stiergeveg in Rome.
- 23 Maart – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word toegelaat tot die kollge van kardinale.
- 31 Mei – Die Heilige Lans word plegtig deur Pous Innocentius VIII in Rome ontvang.
- 11 Augustus – Pous Alexander VI volg Pous Innocentius VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 26 Augustus – Pous Alexander VI word gekroon deur kardinaal Francesco Todeschini Piccolomini.
- 31 Augustus – Pous Alexander VI stel sy eerste kardinaal aan, sy neef Juan de Borja Lanzol de Romani, aartsbiskop van Monreale.
- 12 Oktober – Christophorus Columbus bereik die Bahamas-argipel en ontdek daarmee die Amerikas.
- 5 Desember – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat voet aan wal sit op die eiland Hispaniola (nou Haïti en die Dominikaanse Republiek).
Geboortes
Sterftes
- 9 April – Lorenzo de' Medici, politikus en leier van Florence (* 1449).
- 25 Julie – Pous Innocentius VIII, die 213de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1432).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.