1477
Die jaar 1477 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1477 |
◄ | 14de eeu | ◄15de eeu► | 16de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1472 | 1473 | 1474 | 1475 | 1476 | ◄ 1477 ► | 1478 | 1479 | 1480 | 1481 | 1482 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1477 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Karel die Stoute | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- Hertog Renatus II, hertog van Lotaringe vra die Switserse Bondgenootskap om bystand teen hertog Karel die Stoute van Boergondië wat die hoofstad van Lotaringe onder beleg geplaas het.
- 5 Januarie – Slag van Nancy: Die 6000 troepe van die Switserse Bondgenootskap vernietig die 10000 man leër van hertog Karel die Stoute van Boergondië. Hertog Karel die Stoute sterf tydens die veldslag.
- 21 Februarie – Kardinaal Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) sluit aan by die Kurie.
- Augustus – Die dogter van Karel die Stoute, Maria van Boergondië trou met Maksimiliaan I van Habsburg. Die Boergondiese en die Habsburgse erflande smelt saam.
- 3 Desember – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Viviers.
- 10 Desember – Pous Sixtus IV stel sewe nuwe kardinale aan waaronder drie familielede, Cristoforo della Rovere, Girolamo Basso della Rovere en Raffaelle Sansoni Riario.
- Die Franse koning Lodewyk XI neem talle van Boergondiese gebiede in besit, waaronder die hertogdom Boergondië. Die Franse koning wen die stryd teen die feodale magte.
- Vlaandere en die Boergondiese gebiede in die Duitse ryk bly in hande van die Habsburgers. Pleks van Dijon word die hoofstad Brussel.
- Om sy nuwe ryk te kan bestuur leer Maksimiliaan die twee tale van die Boergondiese ryk: Frans en Nederlands.
Geboortes
- 25 Januarie – Anna van Bretagne, koningin van Frankryk († 1514)
Sterftes
- 5 Januarie – Karel die Stoute, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg, en die graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen (* 1433).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.