10 Oktober
10 Oktober is die 283ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (284ste in skrikkeljare). Daar volg nog 82 dae in die res van die jaar.
<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
Gebeure
- 732 – Karel Martel en die Franke verslaan ’n groot leër van die More naby Poitiers tydens die Slag van Tours.
- 1800 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word biskop van Montalto.
- 1846 – William Lassell ontdek Triton, die grootste maan van die planeet Neptunus.
- 1899 – Frans-Soedan word verdeel: Die 11 suidelike provinsies word deel van Frans-Guinee, Ivoorkus en Dahomey.
- 1936 – ’n Kerkgebou word op Nuwerus voltooi.
- 1970 – Fidji word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1995 – President Nelson Mandela besoek Genadendal in die Wes-Kaap.
- 2003 – Die vyfde Rugbywêreldbeker begin in Australië.
- 2010 – Die Nederlandse Antille word verdeel in Curaçao en Sint Maartin, as onafhanklike dele van die Koninkryk der Nederlande. Bonaire, Saba en Sint Eustatius word besondere gemeentes van Nederland.
Geboortes
- 1813 – Giuseppe Verdi, Italiaanse komponis († 1901).
- 1825 – Stephanus Johannes Paulus Kruger, Transvaalse staatsman en president van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1904).
- 1861 – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en ontvanger van die Nobelprys vir Vrede in 1922 († 1930).
- 1874 – T.P.N. Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler († 1959).
- 1877 – Nettie Bredell, 'n kleindogter van pres. Paul Kruger († 1920).
- 1879 – Uncle Dobbin, Suid-Afrika se twaalfde Springbokkaptein († 1950).
- 1879 – Louise Guthrie, Suid-Afrikaanse plantkundige en botaniese kunstenaar († 1966).
- 1884 – F. Bordewijk, Nederlandse skrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë en kritiek († 1965).
- 1917 – Thelonious Monk, Amerikaanse jazzpianis en -komponis († 1982).
- 1928 – Piet van Maarleveld, legendariese beroepsfotograaf van Potchefstroom († 2017).
- 1938 – Judith Mason, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 2016).
- 1947 – Jonathan M. Dorfan, Suid-Afrikaanse partikelfisikus.
- 1956 – Martina Navratilova, Amerikaanse tennisspeler.
- 1958 – Tanya Tucker, Amerikaanse sanger.
- 1966 – Elana Meyer, Suid-Afrikaanse langafstandatleet.
- 1967 – Saara Kuugongelwa, Namibiese politikus en vierde eerste minister van Namibië (2015-hede).
- 1967 – Gavin Newsom, goewerneur van Kalifornië.
Sterftes
- 19 – Germanicus, generaal in die Romeinse Ryk (* 15 v.C.).
- 644 – Paulinus van York, eerste biskop van York.
- 1659 – Abel Tasman, Nederlandse ontdekkingsreisiger (* 1603).
- 1872 – William H. Seward, Amerikaanse politikus en staatsman (* 1801).
- 1927 – Gustave Whitehead, Amerikaanse lugvaartpionier (* 1874).
- 1963 – Édith Piaf, Franse sangeres (* 1915).
- 2001 – Anna Amelia Obermeyer, 'n Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1907).
- 2004 – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur; rolprent-regisseur en -vervaardiger; skrywer, en aktivis (* 1952).
- 2013 – Scott Carpenter, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1925).
- 2017 – Ryk Hattingh, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1957).
- 2018 – Raye Montague, Amerikaanse vlootingenieur (* 1935).
- 2019 – Engemi Ferreira, ’n Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1943).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Krugerdag is vanaf 1952 tot 1993 in Suid-Afrika op 10 Oktober gevier.
- Dankseggingsdag in Kanada.
- Columbusdag in die Verenigde State.
- Onafhanklikheidsdag in Kuba (1868) en Fiji (1970).
- Dubbel-tiendedag in die Volksrepubliek van China.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 October. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.