5 April
5 April is die 95ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (96ste in skrikkeljare). Daar volg nog 270 dae in die jaar.
<< | April 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
Gebeure
- 823 – Pous Paschalis I salf Lotarius I as keiser van die Franke.
- 1058 – Teenpous Benedictus X word deur sy familie en teen sy sin aangestel as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1167 – Nadat keiser Friedrich Barbarossa die stad Salzburg voëlvry verklaar het, word dit deur die hertog von Plain afgebrand.
- 1242 – Tydens die veldslag op die Peipusmeer seëvier 'n Russiese leër onder die Nowgorodse vors Aleksander Nefski teen die Duitse Orde en beëindig so die uitbreiding van die Orde na die Ooste.
- 1355 – Karel IV van Beiere word in Rome tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon met die goedkeuring van Pous Innocentius VI. Sy vrou Anna von Schweidnitz word terselfdetyd tot keiserin gekroon.
- 1513 – Pous Leo X sluit aan by die Liga van Mechlin.
- 1566 – Heinrich van Brederode oorhandig saam met 300 Nederlandse adellikes 'n versoekskrif aan die regent Margarethe van Parma. Hulle eis die afskaffing van die Inkwisisie in die Nederlande. Die spotnaam bedelaar of "Geuze" word in die daaropvolgende vryheidsoorlog as erenaam aangewend.
- 1614 – In Virginië, Amerika, trou Pocahontas met die Engelse kolonis John Rolfe.
- 1621 – Die Mayflower vaar terug vanaf Plymouth na Groot-Brittanje.
- 1654 – Die Eerste Anglo-Nederlandse oorlog word beëindig met die 1654 verdrag van Westminster.
- 1660 – Pous Alexander VII stel vyf nuwe kardinale aan, waaronder Franz Wilhelm von Wartenberg, biskop van Ratisbon.
- 1722 – Die Nederlandse seereisiger Jakob Roggeveen ontdek as eerste Europeër die Polinesiese eiland Rapa Nui en benoem dit Paaseiland. Die reisberig van sy medereisiger Carl Friedrich Behrens maak die eiland en sy besonderse standbeelde aan Europa bekend.
- 1756 – Pous Benedictus XIV stel 9 nuwe kardinale aan, waaronder Nicolas de Saulx-Tavannes, aartsbiskop van Rouen, Frankryk.
- 1829 – Pous Pius VIII word gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani.
- 1930 – Mahatma Gandhi oortree die Britse wet deur sout te maak.
- 1941 – Geallieerde troepe verower Addis Abeba, die hoofstad van Abessinië wat deel vorm van Italiaans-Oos-Afrika.
- 1955 – Winston Churchill bedank uit sy pos as eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1973 – Pierre Messmer word Eerste Minister van Frankryk
- 1976 – In die Volksrepubliek China lei die massaprotes op die Tianmenplein tot verskeie se dood.
- 1998 – Die Akashi Kaikyo-brug, die grootse swaaibrug in die wêreld, wat Sjikokoe met Honshu verbind, word geopen.
- 1999 – Twee Libiese verdagtes van die Pan Am vlug 103-ontploffing op 21 Desember 1988, word vir 'n verhoor in Nederland oorhandig.
Geboortes
- 1588 – Thomas Hobbes, Engelse filisoof († 1679).
- 1568 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII), die 235ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 29 Julie 1644).
- 1827 – Joseph Lister, Engelse chirurg († 1912).
- 1900 – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur († 1967).
- 1908 – Bette Davis, Amerikaanse aktrise († 1989).
- 1908 – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent († 1989).
- 1916 – Gregory Peck, Amerikaanse akteur († 2003).
- 1922 – Gale Storm, Amerikaanse sangeres/aktrise († 2009).
- 1929 – Hugo Claus, toonaangewende Vlaamse skrywer († 2008).
- 1937 – Colin Powell, Amerikaanse generaal en jarelange politikus († 2021).
- 1938 – Colin Bland, Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2018).
- 1949 – Judith Resnik, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1958 – Johan Kriek, voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler.
Sterftes
- 1553 – Anton Corvinus, Lutherse teoloog (* 1501)
- 1712 – Jan Luyken, Nederlandse digter, illustreerder en gravis (* 1649).
- 1794 – François Chabot, 'n radikale politikus tydens die Franse Rewolusie (* 1756)
- 1794 – Camille Desmoulins, 'n Franse advokaat en rewolusionêr (* 1760)
- 1794 – Georges Danton, Franse revolusie-leier (* 1759).
- 1941 – Nigel Gresley, Britse stoomlokomotief-ingenieur (* 1876).
- 1962 – John Spurgeon Henkel Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1871).
- 1964 – Douglas MacArthur, generaal in die Amerikaanse Weermag (* 1880).
- 1970 – Louisa Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige en herbariumhouer (* 1877).
- 1975 – Tsjiang Kai-sjek, Kuomintang-leier (* 1887).
- 1976 – Howard Hughes, lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905).
- 1992 – Molly Picon, Amerikaanse aktrise (* 1898).
- 1994 – Kurt Cobain, Amerikaanse musikant (* 1967).
- 2008 – Charlton Heston, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 2019 – Sydney Brenner, Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog (* 1927).
- 2020 – Honor Blackman, Engelse aktrise (* 1925).
- 2021 – Paul Ritter, Britse akteur (* 1966).
- 2023 – Ian McIntosh, voormalige Zimbabwies-Suid-Afrikaanse rugbyafrigter (* 1938).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.