Den Haag
Den Haag (amptelik: ’s-Gravenhage) is die administratiewe hoofstad (regeringsetel) van Nederland, setel van die Eerste Kamer en Tweede Kamer van die Nederlandse parlement, woonplek van die koning en hoofstad van die provinsie Zuid-Holland, met ’n oppervlakte van 98 km² en ’n bevolking van ongeveer 563 000 inwoners (2023) en van 1 406 000 in die metropolitaanse gebied. Den Haag is egter nie die staatkundige hoofstad van Nederland nie, want die land se grondwet bepaal dat dit Amsterdam is.
Den Haag | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Nederland |
Provinsie | Zuid-Holland |
Koördinate | 52°05′N 04°18′O |
Stigting | 1230 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 98,13 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2022) | 553 093 |
- Bevolkingsdigtheid | 6 708/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 406 000 |
Tydsone | UTC+1 (CET) |
Burgemeester | Jan van Zanen (VVD) |
Amptelike Webwerf | www.denhaag.nl |
Die stad het ook ’n voetbalklub, ADO Den Haag.
Besienswaardighede
- Die Mauritshuis kunsmuseum, wat bekende skilderye huisves (Peter Paul Rubens, David Teniers de Jonge, Salomon van Ruysdael, Rembrandt van Rijn, Ferdinand Bol en Jacob Jordaens).
- Monument vir die Hertog von Saksen-Weimar aan die Lange Voorhout
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.