Široki Brijeg-slagting
Die term Široki Brijeg-slagting verwys na die gebeure waartydens 28 Kroatiese Fransiskane-monnike van die Široki Brijeg-klooster in Herzegowina tussen 7 en 15 Februarie 1945 deur kommunistiese Tito-partisane vermoor is.
Die slagoffers van die slagting word deur die Rooms-Katolieke Kerk in Bosnië en Herzegowina, maar ook deur Rooms-Katolieke elders, as martelaars vereer. Gelowiges herdenk ook die moorde op 38 ander monnike in die Fransiskaanse provinsie Herzegowina waarvan sommige op die sogenaamde "Kroatiese Kruispad" vermoor is.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.