Ý

Ý (y met akuut-aksentteken) of ý is 'n letter van die Latynse alfabet wat in Afrikaans, Oudnoors, Yslands, Kasaks, Faroëes, Tsjeggies, Slowaaks en Turkmeens gebruik word.

Ý

Voorkoms

In Afrikaans

In Afrikaans verteenwoordig ý soos alle akuut-aksenttekens 'n klem. Dit word nie as 'n aparte letter beskou nie.

In Yslands

In Yslands is ý die 29ste letter van die alfabet, tussen Y en Þ. Dit verteenwoordig die klank [iː] ( soos "bier").[1]

In Turkmeens

In Turkmeens is ý die 29ste letter van die alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [j]( soos "ja" ).

In Faroëes

In Faroëes is ý die 27ste letter van die alfabet, tussen y en æ en verteenwoordig die klank [ʊi] of [ʊiː] (soos Engels "boil").

In Tsjeggies

In Tsjeggies is ý die 40ste letter van die alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [iː] (soos "bier").

In Slowaaks

Ý is die 44ste letter van die Slowaakse alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [iː] (soos "bier").

In Kasaks

Ý is die 29ste letter van die Kasaks Latynse alfabet, tussen y en z. Dit verteenwoordig die klank [w] (soos "kwart").

Ander gebruike

In Viëtnamees beteken ý "Italië", wat kort vir Ý Đại Lợi is.


Ý word nie in Moderne Spaans gebruik nie, maar ý bestaan wel in die eienaam Aýna, 'n dorp in Spanje.

Sien ook

Verwysings

  1. "Yslandse alfabet: Die Unieke Yslandse Letters" (in Engels). Iceland Complete. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2016. Besoek op 17 Oktober 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.